► Magnus Heystek Finansiële Adviseurs berig dat gister het SA staatskuld deur grens van R3 triljard gebreek, wat beteken elke SA burger – man, vrou en kind – skuld R55 276 000!; rente alleen beloop R170 miljard per jaar ► Eskom-topbestuur sê hulle beplan Fase 5 en 6 beurtkrag om totale ineenstorting van nasionale kragnetwerk te voorkom – Gordhan & kie hou media konferensie in Rosebank in donkerte gehul ► Beurtkrag Fase 5 en 6 kan beteken krag word afgesny na waterpompe in Gauteng, nywerheidshartland van SA en digsbevolkte provinsie ► Grootste oorsake vir Eskom-krisis geïdentifiseer as gebrekkige instandhouding; geen pro-aktiewe beplanning; leeg gesteel op massaskaal deur Jacob Zuma, kaders en Guptas; swak gehalte steenkool; te min dieseldepots; en nou geen geld om reg te maak nie; Cabora Bassa dra slegs 3% by – LUISTER by hierdie stemgreep na kundige Ted Blom ► Grootste ekspo in vervaardigingsbedryf in Afrika 25 – 26 Junie 2019, Sandton Konvensiesentrum – meer inligting by www.manufacturingindaba.co.za ► Belangwekkende verslag van VN Omgewingsprogram (UNEP) getiteld The Sixth Global Environmental Outlook waarsku dat besoedeling in die wêreld is so erg dat miljoene mense oor volgende 30 jaar as gevolg daarvan kan sterf ► KYK – Pres. Nana Addo van Ghana sê reguit dit is tyd dat Afrikalande op hul eie bene staan en nie bakhand staan vir Westerse hulp nie – VOLG SKAKEL ► Skietery in Utrecht, Nederland, blyk huishoudelike geweld te wees en nie terroristiese aanval nie ► Jaarlikse reuse Dewetsdorp Vleisfees 21 – 22 Maart 2019 op die dorp ►

Onrus oor moontlike skrapping van selfverdediging vir vuurwapenlisensies

In sowel die hoofstroom as op sosiale media is groot onrus merkbaar oor die inhoud van ʼn skynbaar voortydig-gelekte wetsontwerp wat voorsiening maak vir skrapping van selfverdediging as rede vir ʼn vuurwapenlisensie. Trouens, die gevoel onder veral Afrikaners is dat die idee van skrapping van selfverdediging as ʼn rede vir die besit van ʼn vuurwapenlisensie, suiwer neerkom op ʼn poging tot ontwapening van die wetsgehoorsame segment van die burgery en dat so ʼn stap katastrofies sou wees.

Die gevoel onder wetsgehoorsame burgery word goed opgesom in ʼn mediaverklaring van Solidariteit wat o.m. soos volg lui: “ʼn Ontwapende burgery is totaal uitgelewer en dit terwyl die reg om ʼn mens se eie lewe te beskerm absoluut en ononderhandelbaar is. Ons durf dit nie eers oorweeg om ʼn aks te gee in dié verband nie. Die tyd het aangebreek om onredelik en onbeskaamd op normaliteit aan te dring.

“Die vakbond gaan eersdaags ʼn reuseveldtog van stapel stuur om die gelekte wetsontwerp met hand en tand te beveg, onder meer deur middel van massa-ondersteuning, petisies en internasionale bewusmaking. Burgers se reg om hul eie lewe te verdedig, is fundamenteel tot ʼn samelewing en in Suid-Afrika met sy absurde vlakke van geweldsmisdaad, is dit verregaande om burgers se reg op lewe in te perk.

“Alhoewel daar vrae rondom die status van die dokument mag bestaan, is dit vir ons so duidelik soos daglig dat dit ʼn voorgestelde wysigingswetsontwerp is, selfs al is dit tegnies gesproke nog nie een nie. As ʼn ding lyk soos ʼn eend, ruik soos ʼn eend en vlieg soos ʼn eend – dan is dit ʼn eend, al is dit nie op die oomblik op ʼn dam nie.

“Ons sal dit nie daar laat nie. Hier is waar ʼn mens die streep trek. ʼn Regering moet bang wees vir sy burgers, nie andersom nie.”

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top