►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

LUR Lesufi steeds groot probleem in Gauteng-onderwys

In ʼn mediaverklaring sê die VF Plus Gauteng: “Die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, is die oorsaak dat 23 000 leerlinge in Gauteng nog nie vir 2019 by skole geplaas is nie. Weens die versuim van die LUR om genoegsame skole in Gauteng te bou, sit die provinsie se onderwysdepartement nou in hierdie krisis.

“In 2015 het Lesufi ʼn verslag ter tafel gelê wat aangedui het dat die provinsie toe slegs 2 922 skole gehad het wat 2 433 342 leerlinge moes bedien. Buiten die 23 000 leerlinge wat nog nie vir 2019 geplaas is nie, is daar ook nog 21 094 leerlinge wat uit die onderwysdepartement se stelsel verwyder is aangesien hulle nie die ‘tersaaklike dokumentasie ingedien het nie’. Daar sal in ʼn latere stadium oorweeg word of hierdie leerlinge wel geakkommodeer kan word of nie.

“In stede daarvan dat Lesufi sy taak as LUR doeltreffend verrig en die belange van kinders eerste stel, het hy sy persoonlike belange voorop gestel en sy politieke agenda op skole probeer afdwing om sy eie loopbaan te bevorder. Nou moet 44 294 leerlinge in die provinsie daaronder ly.”

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top