Aletheim 1

►►► Solidariteit Jeug gaan regstappe neem namens een van sy lede, Danie van der Merwe, wat werkloos is en uitgeluit is uit die presidensiële program YES4Youth ► Eskom skuldlas kan binne afsienbare tyd eskaleer vanaf R400 miljard na R550 miljard – HUB Phakamani Hadebe ► AfriForum verklaar dispuut met Parlement oor grondonteiening sonder vergoeding, Parlement sê dit sal dit opponeer ► Volgens Ouditeur-generaal wys jaarverslae van staatsdepartemente en staatsondernemings vir 2017/18 korrupsie van R51 miljard, uitgesluit Eskom en Transnet, wat gesamentlik sowat R28 miljard korrupsie kan oplewer ► Voormalige kantore van The New Age koerant van Guptas in Johannesburg word op 28 November 2018 deur Park Village Auctioneers opgeveil ► Minister Pravin Gordhan getuig voor Zondo-kommissie dat oud-pres. Jacob Zuma destyds aanhoudend vir kabinet gelieg het oor staatskaping en Guptas en “hom sodoende aan grofste vorm van korrupsie skuldig gemaak het” ► Elektrisiteit van perseel van Vrystaatse Wetgewer vir tweede agtereenvolgende dag afgesny weens wanbetaling deur verhuurder aan Centlec elektrisiteitsverskaffer ► Verwagting dat pres. Cyril Ramaphosa vanmiddag kabinetsskommeling gaan aankondig ná afsterwe van Edna Molewa en bedanking van Malusi Gigaba ► Gewapende rowers skiet drie vrouedokters by Letaba Hospitaal, Tzaneen, een kritiek in waakeenheid ►►►

Sowat 600 “terroriste” vir bevordering in SAPD

Volgens ‘n berig in Rapport beplan die SA Polisiediens (SAPD) om sowat 600 voormalige lede van Umkhonto weSizwe (MK) en Apla - in die vorige bedeling geklassifiseer as terroriste-organisasies - binnekort snelbevordering te gee, met in gevalle spronge van vyf tot sewe range. Dit sou behels o.m. dat 37 van hulle tot generaal bevorder word.

In een uitsonderlike geval word 'n sersant ‘n brigadier – 'n sprong van sewe range. Voorts sal na berig word 27 kapteins bevorder word tot majoor-generaal (sprong van vyf range) en 48 sersante tot kolonel (ook sprong van vyf range).

                                                                         
Intussen staan die bevordering stil van duisende ander SAPD-lede van dieselfde ouderdomme wat ten tye van die politieke oorgang in 1994 reeds in die SAPD was. Hulle is uiteraard oorwegend blankes. 

Verdere skokkende inligting wat aan die lig gekom het, is:  Daar is 33 persone op die MK en Apla lys wat afgetree het op ouderdom 60, maar desondanks word hulle aanbeveel vir bevordering al is hulle nie meer in diens nie. Voorts is daar op die lys vyf persone wat medies ongeskik verklaar is, maar nogtans aanbeveel word vir bevordering. Nog erger en onbegryplik is dat daar name op die lys is van 16 persone wat oorlede is, maar steeds vir bevordering aanbeveel word!

Wat hierdie nuus omtrent die SAPD onvermydelik impliseer, is dat, eerstens, daar 'n doelgerigte anti-blanke radikalisering plaasvind van die SA Polisie as die veronderstelde handhawers van wet en orde in die land; tweedens, dit burgerlike vertroue in die SAPD kan kelder, die mooipraatjies van Minister Bheki Cele desnieteenstaande; en, derdens, dat die SAPD erg korrup is.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

1 comment

  • Gerrie Ferreira - Maandag, 26 November 2018

    Die SAP was nog al die jare korrup. Dit is net baie beter stil gehou en al die wit mense het maar laat begaan. Nou hou hulle die SAPD met valkoë dop en alles kom aan die lig.

    Report

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

VVK2 banier