► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

Sowat 600 “terroriste” vir bevordering in SAPD

Volgens ‘n berig in Rapport beplan die SA Polisiediens (SAPD) om sowat 600 voormalige lede van Umkhonto weSizwe (MK) en Apla - in die vorige bedeling geklassifiseer as terroriste-organisasies - binnekort snelbevordering te gee, met in gevalle spronge van vyf tot sewe range. Dit sou behels o.m. dat 37 van hulle tot generaal bevorder word.

In een uitsonderlike geval word 'n sersant ‘n brigadier – 'n sprong van sewe range. Voorts sal na berig word 27 kapteins bevorder word tot majoor-generaal (sprong van vyf range) en 48 sersante tot kolonel (ook sprong van vyf range).

                                                                         
Intussen staan die bevordering stil van duisende ander SAPD-lede van dieselfde ouderdomme wat ten tye van die politieke oorgang in 1994 reeds in die SAPD was. Hulle is uiteraard oorwegend blankes. 

Verdere skokkende inligting wat aan die lig gekom het, is:  Daar is 33 persone op die MK en Apla lys wat afgetree het op ouderdom 60, maar desondanks word hulle aanbeveel vir bevordering al is hulle nie meer in diens nie. Voorts is daar op die lys vyf persone wat medies ongeskik verklaar is, maar nogtans aanbeveel word vir bevordering. Nog erger en onbegryplik is dat daar name op die lys is van 16 persone wat oorlede is, maar steeds vir bevordering aanbeveel word!

Wat hierdie nuus omtrent die SAPD onvermydelik impliseer, is dat, eerstens, daar 'n doelgerigte anti-blanke radikalisering plaasvind van die SA Polisie as die veronderstelde handhawers van wet en orde in die land; tweedens, dit burgerlike vertroue in die SAPD kan kelder, die mooipraatjies van Minister Bheki Cele desnieteenstaande; en, derdens, dat die SAPD erg korrup is.

Gradeer die artikel
(2 stemme)

3 opmerkings

  • Denise - Dinsdag, 26 November 2019

    What a travesty of justice! How can you promote people who are not qualified? At least if they promoting dead people they can't do any harm

    Report
  • Pierre - Dinsdag, 26 November 2019

    Mr Cele is net so korrupt soos die wat hy aangestel het en dit omdat daar n doel agter dit is hulle werk almal saam om die Blanke te onderdruk luiter vandag wat ek julle se . Ramaphosa wat n President is weet van al hierdie ongeregtighede en speel saam en dit is hoekom ons Boere Pensionarrise vermoor word hulle teiken weerlose ou mense en dan is hulle sulke lafaards dat hulle 7 of 8 moet wees om n ou Dame van 80 en op te verkrag en koelbloedig sonder om n oog te knip dood te skiet met strykysters tew verbrand , Kookwater oor hulle te gooi , pertol in hulle kele af te gooi , hulle is diere en nie mense nie nie eers n dier wat God geskape het sal so iets aan sy kinders doen nie , maar God sal met elkeen afreken sowaar as wat n Padda n Manel dra al die vermmoordes se bloed gaan God van hulle Hande af opeis geen voorvader sal daardie dag vir hulle kan help nie want hulle Haat die Blanke Selfs Ramaphosa het uitlating gemaak dat die paddas stadig sal kook.

    Report
  • Gerrie Ferreira - Maandag, 26 November 2018

    Die SAP was nog al die jare korrup. Dit is net baie beter stil gehou en al die wit mense het maar laat begaan. Nou hou hulle die SAPD met valkoë dop en alles kom aan die lig.

    Report

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top