►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Regering weier beswaar teen eksplorasie

Waarnemende Minister van Omgewingsake Derek Hanekom het pas die appèlle van 39 individue en organisasies, onder meer Agri SA, teen die omgewingsmagtigings wat deur die Departement van Mineraal Hulpbronne aan Rhino Oil & Gas ten aansien van olie- en gaseksplorasie verleen is, van die hand gewys. Die eksplorasieregte beslaan ongeveer 2,4 miljoen ha in Noordwes, Vrystaat, KZN en die Oos-Kaap.

Daar word gevrees dat die aansoeke mag lei tot grootskaalse skaliegasaktiwiteite soos hidrobreking in Suid-Afrika. Agri SA het teen Rhino Oil & Gas se omgewingsmagtigings appèl aangeteken vanweë die onsekerheid oor moontlike besoedeling van water, asook oor grond- en lugbesoedeling wat met hierdie tipe ontwikkeling gepaardgaan.

Die redes wat deur die minister voorgehou word vir sy besluit, word tans deur die beswaarmakers ondersoek.  Agri SA is egter reeds van mening dat gesien vroeëre hofbeslissings in die Oos-Kaap, die saak op hersiening geneem mag word.

Vir meer besonderhede, kontak Janse Rabie by 076 451 9601 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top