►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Dit lyk of Suid-Afrika ná 24 jaar van ANC-bewind rotsbodem geslaan het – munisipaliteite is bankrot, disfunksioneel en kan nie meer hul salarisse betaal nie; die SAL ná R33 miljard is nog nie lewensvatbaar nie; Transnet is bankrot; Denel kan nie meer salarisse betaal nie; Eskom is in miljarde rand skuld en wankel as nasionale kragvoorsiener; Telkom is besig om te sink; staatshospitale het selfs nie meer vir beddegoed geld nie; die SANW trek só noustrop dat dit kwalik meer die land kan verdedig; die SAID hardloop in die rooi; die SAPD het nie meer genoeg voertuie om misdaad te bekamp nie; en die staatskas is een kerf bo leeg.

Brandstofpryse was nog nooit so hoog nie; BTW styg en kospryse ruk handuit.

Korrupsie in die staatsektor van miljarde der miljarde rand, om nie eens te praat van kaping van die SA staat nie, het die land op sy knieë – inderdaad rotsbodem.

Voorwaar ʼn donker prentjie soos wat hierdie mooi en ryk land nog nooit voorheen gesien het nie. Wat is die oplossing, veral vir die Afrikaner?

Solidariteit praat van die blankes in die land verdig tot 30 dorpe, maar wat se langtermynoplossing bied dit?

Wat veral vir blankes en dan ook spesifiek vir Afrikaners van wesenlike belang is, is die ongelooflike onreg van sg. swart ekonomiese bemagtiging en regstellende aksie. Die swaarverdiende belastinggeld van blankes word direk deur die ANC-regering aangewend tot uitsluitlike voordeel van swartes en om spesifiek blanke te ondergrawe. Hoe lank gaan blankes nog hierdie sieklike situasie verduur?

Intussen is daar te Orania ʼn plekkie vir die Afrikaner om legitiem sy eie te noem. Daar kan die Afrikaner weer bou aan selfbeskikking tot by soewereiniteit, maar hoekom is Orania nog nie vir die Afrikaner ʼn bestemming van voorkeur nie?

Ons wil graag hoor wat sê ons lesers op hierdie vrae? Laat ons gerus weet by epos Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..">Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top