Print this page

Zondo-kommissie: Sweer wat oopbars

Uit die getuienis voor die Zondo-kommissie na staatskaping wat tans uitstroom en daagliks op TV voor die oë en ore van die hele land afspeel, word getoon in watter ongelooflike mate SA die afgelope 25-jaar stelselmatig deur ANC-bewind afgebreek is. Die korrupsie is eenvoudig duiselingwekkend.

Veral die getuienis van die voormalige bedryfshoof van die maatskappy Bosasa, Angelo Agrizzi, soos wat hy dit duidelik en op die punt af uitspel, toon dat die geval Bosasa op sy eie staatskaping is. Vroeër is getuienis voor die kommissie het die geblyk hoe die land tydens Jacob Zuma-era, in medewerking met die Guptas, gekaap is, maar Bosasa is nou hoofstuk twee.

Pas het die Mpati-kommissie begin met sittings oor wat in en rondom die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) gebeur het en kommentators voorspel dat daar waarskynlik hoofstuk drie van staatskaping gaan uitkom. Hoe dit ookal sy, die punt is dat met die implisering ANC- en regeringsleiers tot op die hoogste vlak, die slotsom onvermydelik is dat SA regeer word deur ʼn bende rampokkers.

Jammer om dit so te stel, maar dit is die waarheid, waarvan nie weggeskaam kan word nie. Hieruit vloei allerhande noodwendige gevolge, soos die gruwelike wyse waarop die armes in die land ingedoen word, die klug wat gemaak word van swart ekonomiese bemagtiging en die vraag of blanke belastingbetalers langer ʼn bedeling moet finansier wat duidelik daarop ingestel is om hulle te ondergrawe?

Suid-Afrika het by ‘n kruispad gekom en vir hulle wat wil oorleef en vooruitgaan, is dit tyd vir drastiese besluite.

Gradeer die artikel
(0 stemme)