► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

ANC-SA uitgerafel voor Zondo-kommissie

Om ʼn idee te kry van die verrotte korrupsie in die land onder die ANC-bewind die afgelope 25 jaar, moet die onthullings voor die Zondo-kommissie na staatskaping as ʼn Godgegewe beskou word. Dit geld veral die sistematiese, akkurate en kalm wyse waarop voormalige uitvoerende hoof van Bosasa, Angelo Agrizzi, ongelooflike feite een vir een op die tafel plaas.

Enkele van die skokkendste is die volgende:

  • Dit kom daarop neer dat Bosasa ontsaglik misbruik is as melkkoei om miljarde der miljarde rand uit die staatskas te korrupteer d.m.v. omkopery en onwettige staatstenders – in effek ʼn tweede geval van staatskaping deur die ANC naas die Gupta-saga.
  • Met Bosasa is tot R6 miljoen per maand in note vir lank as omkoopgeld deur Bosasa aan ʼn groot verskeidenheid amptenare in staatsdepartemente en staatsondernemings betaal. In ruil daarvoor is oor die afgelope sowat sewe jaar miljarde der miljarde rand in staatskontrakte aan Bosasa toegeken vir ʼn verstommende verskeidenheid “dienste”.
  • So bv. het Bosasa het sowat R400 miljoen vooruit ontvang vir heiningkontrak by DKD sonder dat enige werk gedoen is, terwyl Sondolo IT, ʼn Bosasa-filiaal, het die DKD gefaktureer het vir R106 miljoen slegs 13 dae nadat die tender toegeken is.
  • Bosasa het 32 769 dokumente binne paar dae op hul rekenaarstelsel uitgewis ten einde inkriminerende getuienis vir Spesiale Ondersoek Eenheid (SOE) weg te steek.
  • Die gewese stigter en uitvoerende hoof van Bosasa, Gavin Watson, het ʼn verhouding met oud-pres. Jacob Zuma gehad waarin hy aan hom (Zuma) kon dikteer wat om te doen.
  • Nomvale Mokoyane, ANC voorbok en minister van waterwese en omgewingssake, kry R50 000 per maand en vir meer as 10 jaar elke Kersfees kiste drank en honderde kilogram vleis.
  • Dit blyk dat Bosasa eintlik in sonde ontvang en gebore is met die vroedvroue die volgende voorbokke van die ANC Vroueliga, wat oorspronklik Dyamba Holdings gestig het en wat toe doelgerig in Bosasa omskep is: Baleka Mbete, Nomvula Mokonyane, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, Lindiwe Sisulu en Hilda Ndude.

Oor die algemeen moet tot die slotsom gekom word dat daar nie ʼn manier is dat die topeskadron van die ANC, insluitende pres. Cyril Ramaphosa en ander soos Jeff Radebe, nie geweet het van die plunderende korrupsie deur die Guptas, Bosasa en voor dit die wapenskandaal en nou ook dit wat besig is om met die Mpati-ondersoek na die OBK uit te peul nie. Die korrupsie het eenvoudig geen grense nie en die kernvraag nou is: Wat gaan wetsgehoorsame belastingbetalers, in besonder die blanke/Afrikaner daaromtrent doen? Gaan hulle langer belasting betaal om staatskorrupsie te finansier, of is dit tyd om ter wille van oorlewing en voortbestaan op te staan, belastings terug te hou en elders konstruktief aan te wend? Na ons beskeie mening is 2019 die tyd om daadwerklike antwoord op hierdie vrae te gee.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top