► Abel Sithole as uitvoerende hoof van die Government Employees’ Pension Fund (GEPF) getuig voor Mpati-kommissie dat ʼn “belegging” van R4,3 miljard sonder sy medewete gemaak is uit die GEPF na die firma Ayo Technologies van omstrede Iqbal Survé; blykbaar kan of wil Ayo dit nou nie terugbetaal nie ► Mynmaatskappy Rio Tinto het sy Rössing Uraanmyn in Namibië, in produksie sedert 1976 en wat tans jaarliks sowat 4,6 miljoen pond uraan lewer, verkoop aan die China National Uranium Corporation (CNUC) vir $106,5 miljoen; Rio Tinto het sedert 2017 beleggings van $11,2 miljard uit Namibië onttrek ► Nuwe Minister van Water, Sanitasie en Menslike Nedersettings Lindiwe Sisulu sê in Parlement skade in die departement weens korrupsie en wanbestuur is feitlik “onmeetlik” en dat drastiese omdraaistrategie dringend nodig is ► Munisipaliteite skuld die nege waterrade en Dept. van Water R14 miljard vir waterdienste gelewer ► Adjunk-minister van Landbou, Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming Mcebisi Skwatsha sê in Parlement dat onteiening sonder vergoeding binnekort ʼn werklikheid gaan wees, “maar onwettige grondgryp nie toegelaat sal word nie” ► Vrystaat Landbou sê massiewe armoede in Lesotho bedreig wet en orde in Vrystaat en dat dit verskillende tipes misdaad in die provinsie veroorsaak ► Volgens verslag van PwC is vergoeding van ʼn uitvoerende hoof van mynmaatskappy in SA gemiddeld sowat R16,8 miljoen per jaar en dié van ʼn finansiële hoof sowat R6,9 miljoen per jaar ► Projek VatVyf gebaseer te Orania benodig borgskap vir twee behoeftige blanke leerlinge in Bloemfontein wat as prefekte gekies is om einde vanjaar elkeen ʼn oriënteringskamp by te woon – R1 000 vir seun in hoërskool en R500 vir dogter in laerskool – kontak projekvatvyf@gmail.com of 082 773 2150 ►

Staatsrede 2019: uitstaande punte

Die volgende is uitstaande punte van die Staatsrede wat pres. Cyril Ramaphosa gisteraand in die parlement gelewer het:

  • Die president het geen verwysing gemaak na die leerlinge (blank) wat gesterf het in die Driehoek-tragedie nie, terwyl hy melding gemaak het van swart leerlinge wat in puttoilette gesterf het. – ‘n aanduiding van hoe min blankes vir die ANC-regering tel.
  • Ramaphosa sê hy wil 274 000 werksgeleenthede per jaar skep, maar intussen betree jaarliks 800 000 Matrikulante die arbeidsmark met min of geen werksvooruitsigte nie.
  • Ramaphosa sê hy wil die spioenasiedienste van die land uitbrei, maar vraag kom op teen wie is hierdie dienste gemik? Is hy dalk bang vir blanke samewerking met die buiteland indien die wankelende ANC-staat sou inplof?
  • 8 Mei is aangekondig as stemdag vir die 2019 algemene verkiesing.
  • Ramaphosa het gesê dat Eskom gaan in drie maatskappye verdeel word – kragopwekking, transmissie en verspreiding.
  • In kommentaar het die VF Plus die Staatsrede bestempel as “ ‘n goeie samevatting van die land se probleme sonder om ‘n enkele oplossing te bied”.
  • In hul reaksie het die DA die eerste jaar van pres. Ramaphosa in sy amp as “State of No Action” bestempel.
Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top