► Terrorisme bars los in Mpumalanga en Limpopo met drie plaasaanvalle die afgelope naweek: Saterdagaand op plaas in Roodepoort-gebied naby Warmbad, man (61) onder die ken doodgeskiet en vrou (55) in bors gewond, name nog nie bekend; ook Saterdagaand Gert Kruger (81), sy vrou Rita (71) en dogter Marietjie (45) op hul plaas buite Marble Hall deur vier gewapende rowers oorval, ernstig aangerand en beroof; derde voorval Sondagoggend op plaas naby Waterval-Boven, ses aanvallers oorval David Hempson (72), aangerand en beroof ► Vir diepgaande ontleding deur swart navorser Cristopher Gumbi aan Universiteit van Limpopo oor aard en sielkunde van plaasaanvalle, volg hierdie skakel ► Vroeër Woensdag 10 April 19 oorrompel drie gewapende mans 53-jarige vrou en haar kinders in hul huis in Uitenhage, bind hulle vas en roof klere, selfone, juweliersware, ʼn skootrekenaar en kontant ► Volgens berig in The Zimbabwe Mail het China verlede jaar grond-tot-lug missiele (SAM) in Zimbabwe geïnstalleer en is China op die punt om ʼn geheime ondergrondse militêre basis in Zimbabwe te bou en van hul elite spesmagte in Zimbabwe te stasioneer – volg hierdie skakel vir meer inligting ► Rapport en City Press berig dat adjunk-pres. David Mabuza, Minister van Minerale Bronne Gwede Mantashe en ANC verkiesingshoof Fikile Mbalula, onder die top ANC-leiers wat volgens hul eie “Integriteitskomitee” onbevoeg is om in die Parlement te dien ► Sasol open nuwe Impumelelo Steenkoolmyn van R5,6 miljard naby Balfour, Mpumalanga, kan 10,5 miljoen ton steenkool per jaar lewer en het 1 760 mense in diens ► Franco Smith, afrigter van Cheetahs, aangestel as nuwe hoofafrigter van Italië vanaf Januarie 2020 ► Blitsbokke staan uit die as op en wen internasionale Sewestoernooi in Singapoer deur Fidji in eindstryd met 20 – 19 te klop – nadat hulle rustyd 0 – 19 agter was ► Australiese agterspeler Israel Folau, voorste drie-drukker in Super14-reeks en op R21 miljoen per jaar besbetaalde rugbyspeler in die wêreld, met skorsing gedreig uit alle rugby omdat hy as Christen sê dat homoseksueles hel toe gaan ► In gholf sprokiesverhaal toe legendariese Tiger Woods ná 14 jaar weer major gholftitel wen met oorwinning afgelope naweek in 83ste Amerikaanse Meesterstoernooi te Augusta, Georgia ►

Kaapstad kan in volgende 6 jaar tot meer as 4,5 miljoen groei

'n Studie deur die Kaapstadse Metro toon dat die stad oor ses jaar weens verstedeliking ongeveer 500 000 nuwe inwoners kan bykry. Die ontwikkelingsplan van die Kaapstadse metroraad neem in ag dat die aantal inwoners, wat in 2017 op 4,17 miljoen geraam is, teen 2021 tot meer as 4,5 miljoen kan groei.

Dit is veral die arm mense wat sonder kennis van stedelike leefwyses, stadwaarts migreer opsoek na beter werksgeleenthede, maar nie altyd die toepaslike vaardighede beskik om werk te kry nie.

Daar moet in ag geneem word dat verstedeliking ’n tekort aan behuising, gebrek aan basisse dienslewering, werkloosheid, maatskaplike probleme en natuurlik spanning onder die verskillende kultuurgroepe kan veroorsaak. ʼn Waterskaarste, soos wat in die onlangse droogte ondervind is in die Wes-Kaap, kan ook ’n krisis word met duisende meer mense wat na Kaapstad trek en afhanklik is van water.

Die Kaapstadse Metro staan op die rand van grootskaalse probleme indien hulle volgens verwagtinge 500 000 nuwe inwoners gaan bykry. Daar word gehoop dat hul ontwikkelingsplan vir die metropoolgebied in plek is en doeltreffend bestuur sal word.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top