►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►
×

Waarskuwing

JUser: :_load: Kan nie gebruiker laai met id: 68

Front Nasionaal bevraagteken Penny Sparrow-identiteit

‘n Mediaverklaring van die Front Nasionaal (FN) lui soos volg: “Op 2 Januarie 2016 het rassistiese kommentaar deur ene Penny Sparrow die sosiale media aan die brand gesteek en gelei tot ‘n vloed van rassistiese kommentare, bekgevegte, dreigemente en optrede teenoor verskeie mense. Dit sluit in ‘n kriminele saak teen Penny Sparrow self wat gemaak is deur die DA. M.b.v ‘n forensiese ondersoeker het FN ‘n paar dinge ontdek wat nie klop nie: Alle beskikbare foonnommers van Penny Sparrow, insluitende haar selfoonnommer, huisfoonommer, werknommer is op presies dieselfde dag geskep – 30 November 2015, een maand voor die voorval / Daar bestaan geen rekord van Penny Sparrow by SARS voor 2011 nie / Die ID nommer wat aan Penny Sparrow behoort en wyd op die sosiale media versprei is, lei na ‘n persoon wat werksaam is by die South Coast Herald. “Penny Sparrow” beweer self dat sy in 2008 gewerk het vir hierdie koerant en so ver terug as 2006 dui sy aan dat sy betrokke is by die publikasie, sowel as by ‘n ander koerant. FN het derhalwe tot die gevolgtrekking gekom dat hier veel meer agter die storie skuil as wat op die oog af die geval is. Dit is veral opvallend dat, sedert ons Woensdag op die sosiale media gevra het dat mense wat bekend is met Penny Sparrow ons kontak, daar geen verdere verwysing na haar in die media was nie. Daar is slegsd gefokus op klagtes teen Chris Hart en Gareth Cliff, maar nie ‘n woord verder oor Penny Sparrow nie. Ons daag daarom die DA uit om te bewys dat Penny Sparrow ‘n ingeskrewe lid van die party was. Ons daag Metro FM uit om die identiteit bekend te maak van die “Penny Sparrow” met wie hulle ‘n onderhoud gevoer het. Ons daag ook die South Coast Herald uit om hulle verbintenis met Penny Sparrow te verklaar.”
Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top