×

Waarskuwing

JUser: :_load: Kan nie gebruiker laai met id: 68

Print this page

Tshwane grond in Valhalla vir moskee

‘n Mediaverklaring van die Christen-Demokratiese Party (CDP) lui gedeeltelik soos volg: "Dit is 'n hartseer dag vir die Stad van Tshwane en Pretoria om deur 'n man soos Burgemeester Kgosientso Ramokgopa bestuur te word. "Meer as 'n dosyn polisiemotors en Caspers met ‘n horde veiligheidspersoneel het op Dinsdag, 12 April 2016, buite 'n skool in Valhalla saamgedrom met die aankoms van Tshwane uitvoerende burgemeester Kgosientso Ramokgopa. Dit blyk toe die okkasie is dat die burgemeester 'n park in die middel van die woongebied aan ‘n Moslemgroep kom oorhandig het vir die oprigting van ‘n moskee. “Die inwoners van Valhalla is toegang tot die skoolsaal verbied, alhoewel die vergadering deur die Kantoor van die Speaker gereël is en hulle met belastinggeld die gebottelde water verskaf het. Die vergadering is geopen deur uit die Koran te lees en Islamitiese gebede te sing. ‘n Paar inwoners is egter ná aandrang teësinnig tot die saal toegelaat. “Ramokgopa het die vergadering geopen deur die Moslemgemeenskap te prys vir hul bydrae aan die ANC. Hy het ook na sg. Afrikaner-Christelike enklaves verwys en hul gedreig met integrasie met ander gelowe, of hulle daarvan hou of nie. In antwoord op ‘n vraag van ‘n paar inwoners ’Wat van die Christelike geloof?’ het hy hulle as rassisties en onopgevoed bestempel en gesê dat die Moslems ‘n behoefte het om vir hulle te bid. “Ramokgopa het voorts gesê dat indien opponerende inwoners nie die bou van 'n moskee in die gebied goedkeur nie, hulle iewers anders kan gaan woon, ‘n verklaring wat met dawerende applous deur die Moslemgehoor ontvang is. Hierdie situasie is presies wat met Hindoe-inwoners van Laudium en met Christelike inwoners van Erasmia gebeur het toe hulle uit hul huise gedwing is as gevolg van 'n Islamitiese inval en het talle van hulle na Valhalla verhuis. “Ramokgopa het verklaar dat hy gaan toesien dat daar ‘n moskee in elke moontlike woongebied regoor die Stad van Tshwane opgerig gaan word." Meer besonderhede by ds. Theunis Botha van die CDP by 083 657 2482.
Gradeer die artikel
(0 stemme)