►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Malema pluk deksel af van Zuma-Gupta-katnes

Tydens ‘n mediakonferensie op 13 Oktober 2016 het Julius Malema, EFF-leier, die deksel van die beweerde Zuma-Gupta staatskaping afgepluk toe hy gesê dat volgens sy betroubare inligting het die ondersoek van pasuitgetrede OB Thuli Madonsela aan die lig gebring dat pres. Jacob Zuma in samespanning met die Gupta-familie staatsgeld van miljarde rand onwettig uit SA na die buiteland gestuur het. Hierdie stelling van Malema is op die 19:00 nuusbulletin van eTV op 13 Oktober 2016 gebeeldsend en het Ditsem Nuus dit gesien, maar dit is nie gewys of gerapporteer in enige SABC-nuusbulletin nie. Eienaardig genoeg kon die volgende dag op die Internet geen spoor van ‘n videogreep of berig van hierdie stelling van Malema opgespoor word nie, hoewel daar duidelik elektroniese spore is dat dit wel op webwerwe was, maar daarna verwyder is. Tot op datum het niemand nog Malema aangevat oor hierdie spesifieke stelling van hom nie en kan dit beskou word as aanduiding dat die verslag van Madonsela wat Zuma en Minister Des van Rooyen inderhaas met ‘n hofinterdik van openbaarmaking gekeer is en uitgestel is tot 1 November 2016, inderdaad politieke dinamiet bevat met potensieël onberekenbare gevolge.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top