Print this page

Vier dorpe dalk spoedig sonder water

Inwoners van Ficksburg, Senekal, Clocolan en Marquard in die Vrystaat het kennis gekry van die  Setsoto Munisipaliteit dat hulle binne ‘n kwessie van weke sonder ‘n druppel water in hul krane kan wees. Wat Ficksburg betref, is volgens die munisipaliteit die Caledonrivier en die Meulspruitdam besig om op te droog en het dit water vir net twee weke oor, wat beteken dat 11 502 huishoudings sonder water kan sit. By Senekal het die twee dorpsdamme water vir minder as ‘n week oor, wat dan 7 900 huishoudings droog kan laat. Op hierdie stadium het inwoners vir slegs drie uur per dag water. By Clocolan is die twee dorpsdamme ook leeg en is water tans deur ‘n noodpypleiding vanaf die Caledonrivier vir nog slegs twee weke beskikbaar, waarna 5 500 huishoudings getref gaan word. Te Marquard is water nog tot die tweede week in November beskikbaar, waarna die munisipaliteit geen versekering oor waterlewering kan gee nie. Inmiddels is die Welbedachtdam as hoofwaterbron vir Bloemfontein so leeg dat dit kan beteken dat die stad in Desember vanjaar sonder water kan sit.

Gradeer die artikel
(0 stemme)