►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Interne oorlog in die regering

 ‘n Volskaalse oorlog om mag en oor beheer van die staatskas in SA woed tans tussen verskillende komponente van die regering. Die sluimerende stryd tussen pres. Jacob Zuma en Minister van Finansies Pravin Gordhan het tot uitbarsting gekom met die dagvaarding van korrupsie-aanklagte teen Gordhan en twee van sy voormalige adjunkte by die SA Inkomstediens. Oorweldigende steun in regeringsgeledere en ook in die res van die land is vir Gordhan uitgespreek, o.a. van adjunk-pres. Cyril Ramaposa en in die openbare en sosiale media is gesê dat die aanklagte polities geïnspireer is. Aan die ander kant is daar persone in sleutelposte wat onwrikbaar by Zuma staan, soos verskeie kabinetsministers, departementele hoof van SAID Tom Moyane, Openbare Vervolger Shaun Abrahams, die ANC Vroueliga, sekere provinsiale premiers en die ANC Jeugliga. Gordhan het in reaksie ‘n kriminele klag by die Polisie gelê oor 72 verdagte buitelandse handelstransaksies deur Oakbay Investments Pty Ltd ter waarde van sowat R6,83 miljard. Gordhan moet op 2 November vanjaar in die hof teregstaan op die aanklagte teen hom. Die jongste skuif in die sage is die aanklag dat voormalige Minister van Finansies Trevor Manuel destyds ‘n tender van meer as R100 miljoen onregmatig toegeken het en dat Gordhan as toenmalige hoof van die Tesourie daarby geïmpliseer is. Intussen, a.g.v. hofaansoeke deur Zuma en Minister van Plaaslike Regering en Tradisionele Sake Des van Rooyen, weier die nuwe Openbare Beskermer Busisiwe Mkhwebane om die verslag van haar voorganger Tuli Madonsela bekend te maak oor staatskaping deur die Guptas. Zuma self sit met weiering deur die Grondwethof van enige versoek deur hom om nie tereg te staan nie op die 283 kriminele aanklagte. Dit is dus ‘n katnes van intense interne magstryde basies om die siel van SA.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top