►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Anti-Haatwetsontwerp deur Kabinet goedgekeur

Die omstrede Wetsontwerp op die Voorkoming en Bestryding van Haatmisdade en Haatspraak – oftewel Prevention and Combating of Hate Crimes and Hate Speech Bill – is op 20 Oktober 2016 deur die Kabinet goedgekeur. Die wetsontwerp bepaal dat sg. haatmisdade en haatspraak as kriminele oortredings geklassifiseer word en strafbaar is m.b.t. poging tot, aanstigting en sameswering om ‘n haatmisdaad te pleeg.

Die wetsontwerp, wat in April vanjaar deur Minister van Justisie en Korrektiewe Dienste Michael Masutha geinisïeer is, is nou oop vir openbare kommentaar. Ditsem Nuus het op die Internet gesoek vir detail oor die Inhoud van die wetsontwerp, maar kon, eienaardig genoeg, niks vind nie. Met die loodsing van die wetsontwerp vir openbare kommentaar, het Minister in die Presidensie Jeff Radebe gesê die wetsontwerp gaan oor “gelykstelling”, wat beteken dit is in effek pro-swart en anti-blank. Dit beteken waarskynlik dat dit moeilik gaan wees vir blankes om hoegenaamd enige kritiek teen swartmense uit te spreek.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top