►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Trevor Manuel in R100 miljoen klag

‘n Voortslepende klag teen voormalige Minister van Finansies Trevor Manuel oor die toekenning in 2006 van ‘n tender van R100 miljoen aan die firma Barone, Budge & Dominick (BB&D) vir die modernisering van die SA Inkomstediens sonder die nodige magtigingsproses, het pas in die oopte gekom as die nuutste fase in die Zuma-Gordhan saga. Gordhan word ook in die aanklag geïmpliseer aangesien hy destyds die departemenshoof van die Tesourie was.

Die aanklag teen Manuel is formeel gelê deur Mzwanele Manyi van die sg. Decolonization Foundation en bekende swart aktivis. Om hierdie saak ‘n nadelige kinkel te gee, is ‘n telefoongesprek van ‘n joernalis van The Citizen met Manuel op rekord waarin hy erg onbeskof teenoor haar was en skeltaal gebruik het.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top