►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Bedenkinge oor droogtehulpprogramme van die regering

In ‘n mediaverklaring wys die leier van die DA in die Vrystaat, Roy Jankielsohn daarop dat die bystandsprogramme van die regering vir verligting van die droogtekrisis wat die landbousektor in die provinsie beleef, in die volgende opsigte ernstig mank gaan: Die opgeblaaste vervoerkoste van water na dorpe terwyl goedkoper opsies beskikbaar is / ‘n Gebrek aan deursigtigheid en konsultasie wat betref die verspreiding van landbouhulprogramme / 10% van R45 miljoen geoormerk vir droogtehulpprogramme is betaal aan sg. professionele diensverskaffers, wat beteken dat hulle op hul eie R4,1 miljoen in die sak gesteek het / ‘n Bedrag van R250 000 is betaal per boorgat wat gesink is, met ‘n totaal van R12 miljoen vir 48 boorgate, terwyl R40 000 in die mark beskou word as die geldende tarief per boorgat. Volgens Jankielsohn is die krisis in die land m.b.t. voedsel- en waterverskaffing veel groter as die eis vir gratis hoër onderwys.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top