►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

 In ‘n mediaverklaring sê adv. Anton Alberts van die VF Plus: “Die VF Plus is nie tevrede met die inligting wat die OBK op 18 Oktober 2016 met die Parlementere Portefeuljekomitee oor Finansies gedeel het nie. Hoewel die verslag wys uit watter bedrae belê is in watter entiteite en die direkteure ook aangedui word, word geen melding gemaak aan wie hierdie entiteite behoort wat beleggings uit die GEPF ontvang het nie. Gevolglik het die VF Plus ʼn aansoek i.t.v. die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia-Wet) by die OBK ingedien om hierdie inligting te verkry.

Die kernvraag is of enige politiek-verbonde persone direk of indirek aandele of enige ander belang in die entiteite het waarin so mildelik belê is. Gegewe die omvang van staatskaping wat tans ontvou, is dit belangrik om vas te stel of enigiemand wat polities verbind is, finansieel bevoordeel is deur die OBK wat namens die GEPF en die werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) beleggings maak. Dit is algemeen bekend dat die GEPF ideaal geposisioneer is om politiek-verbonde persone te bevoordeel ten koste van die lede van die GEPF. Daar moet verhoed word dat nog ʼn debakel soos met die Transnet Pensioenfonds ontwikkel. “

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top