Print this page

Vandalisering: Pretoria Stadsaal

Gebeure in SA maak aanhoudend die gebruik van die byvoeglike naamwoord “verstommend” noodsaaklik – soos nou weer met die vandalisering van die Pretoria Stadsaal, ‘n nasionale gedenkwaardigheid wat aan die lig gekom het ná die bewindsaanvaarding van die DA in die metroraad. Die DA het die media op ‘n toer geneem van die gebou om aan te toon hoe grootskaals dit eintlik opgemors is deur ‘n sg. restourasieprojek van die vorige ANC-bewind in die metro.

Van wat gebeur het, sluit in: Die mure is geverf lank voordat verbeteringe aan die saal aangebring is / Onkapabele tegnici het misluk in hul poging om rookverklikkers en kameras te installeer / Sementoppervlakte is aangebring op ’n houtvloer / Die orrel, die grootste van sy soort in die suidelike halfrond, is so verniel dat dit uitmekaar gehaal en verskeep moet word na Chicago in die VSA vir herstelwerk teen ‘n koste van ongeveer R18 miljoen / Die sitplekke op die balkon en die meeste deurhandvatsels van koper is gesteel / Op die tweede vloer is rekenaarbedieners direk in sonlig geplaas, terwyl gate na willekeur deur die mure geboor is om bekabeling aan te lê / In die mooiste vertrek in die gebou, die ou Pretoria Raadskamer het werkers geverf bo-oor onvervangbare erfenisskilderye / Buitensporige koste is aangegaan, bv. R100 000 vir teëls in die badkamer van die burgemeester, R8 000 per lopende meter vir muurpapier, R60 000 vir ‘n glastafel met ‘n houtvoetstuk, ens. En so gaan die lys aan. 

Gradeer die artikel
(0 stemme)