►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Twee wetsontwerpe bedreig vryheid

Veral twee wetsontwerpe bedreig vryheid van die gewone burger in SA soos nooit tevore nie, nl. die Wetsontwerp op Haatspraak en die Wetsontwerp op Kubermisdade en –sekuriteit. Dit is veral eersgenoemde wetsontwerp wat ‘n ongekende gevaar vir godsdiensvryheid inhou in die sin dat die definisie van haatspraak so wyd is dat dit bv. ‘n uitlating deur iemand dat volgens die Bybel homoseksualisme verkeerd is, dit as haatspraak geklassifiseer en gekriminaliseer kan word met selfs tronkstraf in geval van skuldigbevinding.  

Die wetsontwerp tas godsdiensvryheid soos in die SA Grondwet verskans, wesentlik aan. Dit is benewens die ooglopende agterliggende verdere doel van die Wetsontwerp om kritiek van blankes teenoor swart mense as haatspraak te klassifiseer. Openbare kommentaar en besware kon gelewer word tot en met 31 Januarie 2017 en vir doeleindes daarvan kan gerus www.forsa.org.za besoek word.

Die wetsontwerp op kubermisdaad en-sekuriteit beoog om “kwaadwillige kommunikasie soos ‘n data-boodskap waarvan die verspreiding skade kan aanhits of veroorsaak aan ‘n persoon of groep of sy / hul eiendom wat sonder die betrokke persoon of groep se toestemming aanlyn versprei word. Weereens is die formulering baie wyd en dus oop vir skadelike subjektiewe vertolking en toepassing. Vir meer besonderhede besoek www.justice.gov.za

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top