Van Niekerkshof Kennels

► Ope twiet aan die staatshoof: “Mnr. die President, hoe is dit dat u noem glad nie in die Parlement gruwelike plaasmoorde nie, maar u sê u gaan die grond van die oorblywendes vat sonder vergoeding?” ► Ope twiet aan pres. Ramaphosa: “Dis 'n leuen, mnr. die President, blankes het nog nooit grond van swartmense gesteel nie.” ► Bewyse en nogmaals bewyse word gevra vir die bewerings dat blankes grond van swartmense gesteel het ► Blankes het vanaf die 1700’s in grootliks onbewoonde gebiede ingetrek en in onbesette gebiede gevestig ► Blankes en swartmense het suidelike Afrika vanaf die 1700’s gelyktydig bevolk – een uit die noorde en die ander uit die suide ► Met bevolking van die land het blankes swartes voorgestel aan die alfabet, die wiel en die reg van die wet ► Vyf Polisielede in gewapende aanval op Ngcobo Polisiestasie naby Queenstown

burgerlike journalistiek banier  Photo and Frame Banier 2018

Die bekende wyn- en kaasmaker, Charles Back van die Fairview Landgoed in die distrik Paarl is een van die talle onskuldige blanke burgerlikes wat in die jongste tyd slagoffers was van wreedaardige aanvalle in hul wonings, meesal in die middel van die nag. Back, wat die 2017 SA Boer van die Jaar is, is egter een van die gelukkiges wat met sy lewe daarvan afgekom het. Hy is erg beseer, maar het na hospitaalbehandeling teruggekeer na sy plaas om sy getraumatiseerde gesin en werknemers moed in te praat.

Talle van die ander slagoffers landswyd is bejaardes, sommige waarvan met knopkieries voos geslaan word, met messe gesteek word, met strykysters gebrand word en vir ure gemartel word. Ander slagoffers is mense in die fleur van hul lewe, soos Riane du Toit (44) by Sutherland en Liezel Nel (41) by Nelspruit. Die jongste plaasboerslagoffer is die 73-jarige Hans Meyer wat ondanks sy siektetoestand koelbloedig op sy plaas in die Secunda-distrik tereggestel is.

Die res is te veel om hier te noem, maar sosiale media gons van al die voorvalle, wat deesdae slegs by uitsondering die hoofstroommedia haal. Nietemin, om 'n idee in beeld te kry wat aangaan, sien meegaande foto-samestelling van enkele slagoffers.

Internasionale Moedertaaldag word jaarliks op 21 Februarie gevier en daaroor sê die ATKV in 'n mediaverklaring: “Baie ouers dink dat Engels die toekoms vir hul kinders is en dat hulle in Engels moet skoolgaan om dit goed te leer praat. Die maklikste manier om Engels baas te raak is deur in jou moedertaal onderrig te word. Moedertaalonderrig is die eintlike sleutel tot sukses in die internasionale mark.

“Die ATKV glo dat moedertaalonderrig ’n sleutelfaktor in sukses is. Moedertaalonderrig lei na beter kognitiewe ontwikkeling en verbeterde taalvaardigheid in ’n tweede taal. Kinders wat in hul moedertaal skoolgaan, kan makliker ander tale aanleer en sal selfs beter presteer in ander vakke soos wiskunde en wetenskap. Moedertaalonderrig maak dus nie net deure oop nie, maar wêrelde.

“Met die oog op Internasionale Moedertaaldag wil die ATKV dus weet: Hoe sal jou wêreld sonder Afrikaans lyk? Gebruik #MyTaal en #MySukses en skryf ’n kort sin of slagspreuk op een van ons sosiale mediaplatforms en jy kan een van drie #MyTaal-pryse wen: 1ste plek: R500 kontantprys, boekpryse ter waarde van R350 en ’n #MyTaal-geskenkpak / 2de plek: R300 kontantprys, boekpryse ter waarde van R250 en ’n #MyTaal-geskenkpak / 3de plek: R200 kontantprys, boekpryse ter waarde van R150 en ’n #MyTaal-geskenkpak.

“Die kompetisie begin op 5 Februarie en wenners sal op 20 Februarie aangekondig word. Hou ons sosiale mediaplatforms dop of kontak Rozeldi Trollip by 011 919 9006 of epos aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..”

In 'n mediaverklaring oor die pas gepubliseerde Grondoudit van die regering sê die VF Plus: “Die gesloer van die Dept. van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming om die Grondouditverslag van die regering openbaar te maak, is ʼn slenter om sekere feite van die publiek te weerhou in ʼn poging om die land oor die aangeleentheid te mislei. Die verslag dui op ʼn hele aantal ernstige feitefoute.

“Een voorbeeld is waar die verslag glo aandui dat Suid-Afrika 112,9 miljoen ha landbougrond het, terwyl navorsing van 2016 deur kundiges soos Agri Development Solutions (ADS) in samewerking met Landbouweekblad en Agri SA toon dat daar slegs 93,25 miljoen ha landbougrond is. Voorts volgens prof. Ruth Hall van die Instituut vir Armoede, Grond en Agrariese Studies toon die grondouditverslag dat plagiaat gepleeg is uit ʼn ou VN-verslag wat handel oor Oos-Europa en niks met SA te doen het nie.

“Die regering weet dit is blote propaganda dat 80% van grond in Suid-Afrika deur wittes besit word. Deur hierdie misleiding dryf die regering sy eie politieke agenda om regverdiging te kry vir sy standpunt van grondonteiening sonder vergoeding terwyl hy weet grondhervorming het misluk weens korrupsie en die onvermoë van die departement om die proses te bestuur.”

In die Parlementêre debat gister handelende oor repliek op die Staatsrede wat pres. Cyril Ramaphosa Vrydagaand gelewer het, het dit weereens geblyk hoe diep die gaping is tussen wat as normale verwagtinge van blankes en ander gematigdes beskou kan word, aan die een kant en aan die ander kant die siening en eise van swart politieke radikalisme. Wat die grootste gonsterm in die debat was, was “expropriation of land without compensation” of dan wel grondonteiening sonder vergoeding.

Verskeie sprekers aan radikale kant (ANC, EFF, PAC, ens.) het groot gewag gemaak van hul eise in hierdie verband, terwyl 'n gematigde politikus soos Mosiou Lekota, leier van Cope, gevra het: “You want to give the land back to our people. Who is our people? And who is not our people?” Hierop is hy uit swart geledere uitgejou as reaksionêr en 'n verraaier. Van sy kant het leier van die VF Plus dr. Pieter Groenewald gesê grondonteiening sonder vergoeding is eenvoudig onaanvaarbaar.

'n Wetsontwerp oor verkeersoortredings getiteld AARTO Amendment Bill, wat daarop gemik is om die sg. AARTO Act ingrypend te wysig, word tans gesirkuleer vir openbare kommentaar tot en met 30 Maart 2018. Volgens die voorgestelde wetsontwerp kan o.a. dagvaardigings vir verkeersoortredings per enige elektroniese pos gedien word en is dit geldig ongeag of daar 'n bewys van ontvangs is, word in gevalle die reg opgeskort om 'n dagvaarding in die hof te betwis en kan bestuurslisensies maklik en sonder veel geleentheid vir beswaar opgeskort word.

Dit lyk of hierdie wetsontwerp dramaties inbreuk maak op basiese regte van landsburgers en totaal Kommunisties van aard is. Vir meer besonderhede oor hierdie drakoniese wetsontwerp, volg gerus hierdie skakel en neem die nodige aksie.

Hoewel dit nie so uitdruklik gesê word nie, word in beriggewing in sowel hoofstroom- as sosiale media geïmpliseer dat voormalige pres. Jacob Zuma in die laaste dae van sy ampsbekleding probeer het om die steun van die SA Nasionale Weermag te verkry ten einde hom in sy pos te help hou. Dit sou neerkom op 'n militêre staatsgreep, wat die afkondiging van krygswet tot gevolg kon hê.

Blykbaar het Minister van Verdediging en Militêre Veterane Nosiviwe Mapisa-Nqakula en die Hoof van die Weermag genl. Solly Shoke geweier en gesê dat hulle bly getrou aan die Grondwet. Dít en die feit dat die ANC oorwegend nie geskrik het vir dreigemente van Zuma om skandale van die party sedert 1994 te openbaar nie, het blykbaar die deurslag gegee vir sy finale bedanking.

Met die uiteindelike bedanking van Jacob Zuma as staatshoof en die inhuldiging van Cyril Ramaphosa as sy opvolger, is op dramatiese wyse geskiedenis gemaak. Nog nooit het 'n SA staatshoof in soveel omstredenheid en te midde van soveel kriminele aanklagte bedank nie en nog nooit het opvolging in die pos met soveel drama gepaardgegaan nie.

Die reaksie in die Parlement, in die hoofstroommedia en op sosiale media is oorwegend positief, maar daar was ook vals note en vrae.Een van die aanvanklike vals note was die standpunt van die EFF dat die Grondwethof destyds beslis het dat sowel Zuma as die Parlement die Grondwet verkrag het en dat dit by implikasie beteken dat, eerstens, Zuma as staatshoof moes vertrek deur te bedank en, tweedens, dat die Parlement ontbind moes word en dat 'n vervroegde algemene verkiesing gehou moet word. Oor hierdie punt het die EFF uit die Parlement gestap en geweier om aan die verkiesing van 'n opvolger vir Zuma deel te neem.

Hoewel hierdie beswaar van die EFF deur al die ander partye in die Parlement geïgnoreer is, klink dit na 'n geldige punt en kan dit wees dat regstegnies die verkiesing van Zuma en al die Parlementêre aktiwiteite onwettig kan wees. Sedertdien het die EFF egter lustig meegedoen in Parlementêre prosedures tydens die Staatsrede en sodoende klaarblyklik die regstegniese beswaar gekondoneer.

Intussen tydens die Parlementêre debat verlede Donderdag voor die Staatsrede was opmerklik die kommentaar van die verteenwoordiger van die PAC en weerspieëlend van die siening en verwagting van die radikale swart politieke spektrum: “We congratulate you Mr. President, but we need to remind you that this is merely the beginning of a process and that uhuru has not as yet been attained.” Ramaphosa is duidelik deur radikale swart politiek in 'n hoek gedruk oor veral grondonteiening sonder vergoeding en hoe hy dit mettertyd gaan hanteer, is 'n sleutelvraag.

Die Boere-Afrikanervolksraad wat hul beywer vir selfbeskikking vir die Afrikaner, ongeag hoe verteenwoordigend hulle ook al mag wees, het vroeër in 'n verklaring daarop gewys dat 'n afvaardiging van hulle in Augustus 2014 vir Ramaphosa as adjunk-president in die Uniegebou ontmoet het om oor selfbeskikking te onderhandel. Hy het hulle vriendelik ontvang, akkommoderend voorgekom en het in die teenwoordigheid van Minister van Justisie Michael Masutha en 'n paneel amptenare onderneem om te reël vir opvolggesprekke met die ANC direk en ook met regeringsinstansies. Van al hierdie beloftes het egter tot op datum dadels gekom.

'n Geraamte wat pas weer uit die kas geval het, is die gerapporteerde kommentaar van Ramaphosa in 1994 teenoor destydse IVP LP wyle Mario Oriani-Ambrosini tot die effek dat die strategie om met die blankes te werk, is soos om die water waarin 'n padda is, geleidelik warmer te maak tot kookpunt en totdat dit te laat is om in opstand te kom of terug te veg. Vir meer besonderhede, sien die foto met onderskrif hierby.

Op hierdie stadium lyk dit of Ramaphosa die leisels met 'n stewige hand oorgevat het en die land oppad kan wees na 'n nuwe, beter era, veral soos blyk uit die feit dat hy na berig word die poging van Zuma gefnuik het om met die SA Nasionale Weermag 'n staatsgreep en krygswet te wou bewerkstellig het. Nietemin die metafoor van die blankes en die padda sweef steeds in die lug.

Vir die onmiddellike toekoms is die vrae hoe gaan die nuwe kabinet van Ramaphosa met portefeuljes daaruit sien en wie gaan hy aanwys as sy adjunk-president, asook wat gaan die nasionale begroting vandeesweek meebring? Dit kan verdere rigtingwysers wees wat verder in die ampstermyn verwag kan word.

Die lewering van die Staatsrede 2018 deur nuutverkose pres. Cyril Ramaphosa verlede Vrydagaand is oor die algemeen so goed ontvang dat 'n bykans euforiese gees oor die toekoms van die land posgevat het. Ramaphosa was op sy gemak en presidensieel in die aanbieding van die Staatsrede, terwyl die kommentaar van opposisiepartye was dat hy al die regte knoppies gedruk het.

Kenmerkend van die inhoud van die Staatsrede waas dat Ramaphosa hoofsaaklik op ekonomiese ontwikkeling in verskillende aspekte gefokus het en dit gesien het as die sleutel tot die skepping van werk, verhoging in inkomstepeile en opwekking van ekonomiese groei. Hy het trouens gesê dat werk vir die grootliks werklose jeug van die land sentraal staan in die hele Staatsrede en in die toekomsstrategie van die regering. In hierdie verband het hy die sektore van vervaardiging, kleinbesigheid, landbou en toerisme uitgesonder.

Na die hoogs omstrede kwessie van grondonteiening sonder vergoeding het hy net eenkeer verwys, maar toe wel uitdruklik gesê dat dit uitgevoer gaan word, hoewel hy die voorbehoude genoem het dat dit nie voedselsekerheid en ekonomiese ontwikkeling moet benadeel nie. Nog 'n hoë prioriteit wat hy aangespreek het, is dat staatskaping en diegene verantwoordelik daarvoor genadeloos oopgevlek sal word.

Gegee 'n ANC-geleide geleentheid, is God nêrens in sy Staatsrede deur Ramaphosa genoem nie, terwyl Hy ook nie in die gepaardgaande Parlementêre prosedure gefigureer het nie. Die bloedige kwessie van plaasmoorde en daaglikse wreedaardige aanvalle deur swartes op blankes is eweneens nie in die Staatsrede genoem nie.

In hierdie tyd waarin die ANC-regering duidelik oorlog verklaar het teen die blanke burgers in die land en op elke terrein meganismes in plek stel om die blanke, in besonder die Afrikaner, te ontmagtig en selfs uit te wis, het dit na ons mening tyd geword vir regsinnige Afrikaners om binne die wet militant te raak. Dit het tyd geword om 'n politieke voorhoede te hê wat die dinge by die naam noem – onteiening sonder vergoeding is blatante diefstal en totaal onaanvaarbaar, daaglikse vermoording van blankes deur swartes moet onmiddellik stop en vergelding moet wees lewe vir 'n lewe, belastinggeld van blankes moenie langer gebruik word om hulle te ondergrawe nie en kwotasportspanne moet summier geboikot word, ens.

Genoeg is genoeg het 'n cliché geword, maar dit is onverbiddelik tyd om die streep te trek - ter wille van oorlewing en 'n eie toekoms.

Bladsy 1 van 34

VVK2 banier