► Kleurling Christelike pastoor eerw. Oscar Bougardt van Kaapstad oor anti-gay retoriek tot 30 dae tronkstraf gevonnis, wat vir vyf jaar opgeskort is; sy grootste teenstander en kritikus is André Gaum, bekende gay-aktivis ► Taiwan besig met hul Han Kuang Exercise 5-daelange reuse militêre maneuvers as voorbereiding vir moontlike aanval deur China ► Opspraak oor nuwe Russiese ondersese Poseidon hommeltuig, wat skynbaar enige hawe in die wêreld kan opblaas – www.thesun.co.uk vir meer inligting ► “This is not about land. It is about the loss of votes by the ANC and its little son, the EFF. It’s an attack on the white citizens of South Africa.” – Moeletsi Mbeki ► Sosiale media op ligter noot: “Royal Family is now Level 2 BEE Compliant” ► Christo du Plooy van Parys Vrydagaand in worsteling met drie rowers in sy huis voor sy gesin doodgeskiet; rowers was swart, “geen rassisme nie” ► Free State Stars van QwaQwa wen nasionale Nedbank Beker met prysgeld van R7 miljoen ná oorwinning 1-0 oor Maritzburg United in eindstryd

Soos die afgelope ses jaar, beplan Ditsem Nuus om vir vanjaar weer ‘n Kalender van Geloftefeeste op te stel van waar dit ookal in die wêreld gehou word. Deur die jare het die Kalender, met sy basiese programbesonderhede en kontakdetail, gegroei tot ‘n projek wat inslag vind onder Afrikaners en uitstekend ondersteun word. In 2013 is in die Kalender 109 Geloftefeeste landswyd gelys, in 2014 is 125 Geloftefeeste gelys (waarvan een te London en een te Christchurch), in 2015 is 139 Geloftefeeste gepubliseer en verlede jaar 150 Geloftefeeste.

Hiermee die skakel na die volledige 2016 Geloftefeeskalender. Die Kalender verskyn ook op die Facebook-blad wat vir die Geloftefees geskep is, asook op www.ditsem.net.

Die ervaring het getoon dat die Geloftefeeskalender tasbaar bydra om Afrikaners opnuut bewus te maak van die Gelofte en die nakoming daarvan, asook om hulle aan te moedig om 'n Geloftefees naby hulle by te woon. Die Geloftefeeskalender vir vanjaar sal DV in die gedrukte formaat van die Desember 2017 uitgawe van Ditsem Nuus gepubliseer word, asook in die aanlyn weergawe van die koerant, terwyl, soos in die verlede. interaktiewe skakels na die Kalender weer geplaas word op al die aanlynforums van Ditsem Nuus.

Indien kennis gedra word van ’n Geloftefees wat moontlik nog nie in die Kalender opgeneem is nie, kan die basiese besonderhede deurgegee word aan Retha by Ditsem Nuus by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of 081 719 9390.

Ten einde die publikasiekoste van die Kalender te help dra, verwelkom Ditsem Nuus borgskappe van welwillende instansies of persone – enige iets van R500 tot R7 000 vir ’n volblad. Erkenning word in die Kalender aan borge gegee met logo en kontakbesonderhede, soos gesien kan word in die 2016 Kalender, terwyl ‘n elektroniese kopie van die Kalender ook voorsien word aan borge vir gebruik en verspreiding na goeddunke. Die kontakbesonderhede vir borgskappe is dieselfde as hierbo genoem.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

1 comment

  • Willem - Dinsdag, 31 Oktober 2017

    Hoop dat die slap Oosrand ook hulle 16 Desember planne op julle kalender gaan bekend maak. Jaar na jaar sukkel ons hier om te wete te kom waar die geloftedienste gehou gaan word. Waarom dit nie elke jaar op dieselfde plekke gehou word nie gaan my verstand te bowe. Is ons predikante so laks dat elkeen maar liewer die dag wil afhê? Hoop daar is ander redes. Groete in Cristus en aan God die eer vir 16 Desember. Dankie vir julle media bronne.

    Report

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

VVK2 banier