► Kleurling Christelike pastoor eerw. Oscar Bougardt van Kaapstad oor anti-gay retoriek tot 30 dae tronkstraf gevonnis, wat vir vyf jaar opgeskort is; sy grootste teenstander en kritikus is André Gaum, bekende gay-aktivis ► Taiwan besig met hul Han Kuang Exercise 5-daelange reuse militêre maneuvers as voorbereiding vir moontlike aanval deur China ► Opspraak oor nuwe Russiese ondersese Poseidon hommeltuig, wat skynbaar enige hawe in die wêreld kan opblaas – www.thesun.co.uk vir meer inligting ► “This is not about land. It is about the loss of votes by the ANC and its little son, the EFF. It’s an attack on the white citizens of South Africa.” – Moeletsi Mbeki ► Sosiale media op ligter noot: “Royal Family is now Level 2 BEE Compliant” ► Christo du Plooy van Parys Vrydagaand in worsteling met drie rowers in sy huis voor sy gesin doodgeskiet; rowers was swart, “geen rassisme nie” ► Free State Stars van QwaQwa wen nasionale Nedbank Beker met prysgeld van R7 miljoen ná oorwinning 1-0 oor Maritzburg United in eindstryd

Betekenis van die Gelofte van Bloedrivier

Die omstandighede rondom die gedenkwaardige Slag van Bloedrivier op 16 Desember 1838 in die toenmalige Natal is deeglik gedokumenteer in die annale van die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Gegrond op die Gelofte wat die Voortrekkers o.l.v. Andries Pretorius en Sarel Cilliers afgelê het, het 'n Voortrekkerkommando van 400 man 'n Zoeloe-krygsmag van ongeveer 12 000 vernietigend verslaan. Sowat 2 000 krygers het gesneuwel, terwyl daar aan Voortrekkerkant geen ongevalle was nie en slegs drie liggewondes. Dus 'n absolute Godswonder!

Die Gelofte, soos wat dit volgens die beste oorlewering destyds in Nederlands afgelê is, het soos volg gelui: Mijne Broeders en Mede-landgenoten, hier staan wij tans op een ogenblik voor een heilige God van hemel en aarde om een belofte aan Hem te beloven, als Hij met Zijn bescherming met ons zal wezen, en onze handen zal geven dat wij hem overwinnen, dat wij die dag en datum elk jaar als een verjaardag en een dankdag zoals een Sabbat in Zijn eer zullen doorbrengen; en dat wij een tempel tot Zijn eer stichten zullen, waar het Hem zou behagen;en dat wij het ook aan onzen kinderen zullen zeggen, dat zij met ons erin moeten delen, tot gedachtenis ook voor onze opkomende geslachten. Want de ere van Zijn Naam daardoor zal verheelikt worden, dat de roem en eer van overwinning aan Hem zal worden gegeven.

Die gebeurtenis het 'n beslissende invloed gehad op die latere geskiedenis van die ganse Suid-Afrika. Wat vir die hede en toekoms belangrik is, is dat die gees van die gelofte soos volg saamgevat kan word:

  • Dit was 'n gelofte aan God Drie-enig, wat, volgens Sy Woord, nagekom moet word.
  • Dit het gelei tot die geboorte van die Afrikanervolk.
  • Die Gelofte is ook van toepassing op die nageslag van die Afrikaner.
  • Dit behels 'n verpligting op dié Afrikaner om hom in elke opsig te beywer vir 'n bedeling wat God welbehaaglik is - vanaf die Geloftekerkie in Pietermaritzburg tot 'n moderne volkstaatbedeling in Suider-Afrika.
  • Die Voortrekkers het nie Bloedrivier oorleef omdat hulle blank was nie, maar omdat hulle en hul agterryers draers was van die Evangelie.

Vandag, Desember 2017, staar die Afrikaner 'n groter bedreiging as ooit in die gesig en daarvoor is dit nodig dat Afrikaners sover doenlik verskille opsysit, saamstaan en hul verbintenis tot die Gelofte van Bloedrivier met verootmoediging herbevestig. Steeds by God alleen lê die hoop.

Die 2017 Geloftefeeskalender met 162 geleenthede wat deur Ditsem Nuus saamgestel en gepubliseer is, kan by hierdie skakel gesien word.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

VVK2 banier