Van Niekerkshof Kennels

►Roger Federer (36) oudste nr. 1 tennisspeler in die wêreld nog ►Andy Birkett & Hank McGregor en Cana & Jordan Peek bobaas in 2018 Dusi ►Protea vroue wys die Protea manne hoe teen Indië ►SANW onder Minister Nosiviwe Mapisa-Nqakula weier verlede week versoek van JZ vir militêre staatsgreep ►Elke dag blankes deur swartes in SA vermoor – jongste is Liesl Nel (41) van Nelspruit deur tuinwerker ►Dienslewering op dorpe stort een na ander in duie – jongste Warrenton, Harrismith, Welkom en meer ►Staatsrede 2018: Geen vermelding van God of plaasmoorde nie

burgerlike journalistiek banier  Photo and Frame Banier 2018

Bitcoin skiet op in waarde

Die verbysterende spoed waarteen die waarde van die kriptogeldeenheid bitcoin styg, beteken sy markwaarde is nou meer as die BBP van sommige lande. Dit is ook meer werd as die bates van die rykste mense ter wêreld.

Teen 'n prys van meer as $11 000 per eenheid, het dit vanjaar reeds met meer as 1 000% in waarde toegeneem. Al die bitcoins in die wêreld is saam sowat $190 miljard werd.

Nieu-Seeland se BBP is volgens die Wêreldbank $185 miljard – dit is $5 miljard minder as die markwaarde van bitcoin. Die BBP van Katar, Koeweit en Hongarye is ook minder as die markwaarde van die kriptogeldeenheid.

Twee van die grootste banke ter wêreld, Goldman Sachs en UBS, se markwaarde is $97 miljard en $67 miljard onderskeidelik. Selfs al tel jy die twee saam, steek hulle steeds nie bitcoin verby nie.

Bill Gates en Warren Buffett is twee van die wêreld se rykste miljardêrs, maar selfs al voeg hulle hul fortuine saam, is dit steeds nie meer werd as bitcoin nie. Gates is tans sowat $90 miljard werd en Buffett $83 miljard.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

VVK2 banier