Van Niekerkshof Kennels

► Ope twiet aan die staatshoof: “Mnr. die President, hoe is dit dat u noem glad nie in die Parlement gruwelike plaasmoorde nie, maar u sê u gaan die grond van die oorblywendes vat sonder vergoeding?” ► Ope twiet aan pres. Ramaphosa: “Dis 'n leuen, mnr. die President, blankes het nog nooit grond van swartmense gesteel nie.” ► Bewyse en nogmaals bewyse word gevra vir die bewerings dat blankes grond van swartmense gesteel het ► Blankes het vanaf die 1700’s in grootliks onbewoonde gebiede ingetrek en in onbesette gebiede gevestig ► Blankes en swartmense het suidelike Afrika vanaf die 1700’s gelyktydig bevolk – een uit die noorde en die ander uit die suide ► Met bevolking van die land het blankes swartes voorgestel aan die alfabet, die wiel en die reg van die wet ► Vyf Polisielede in gewapende aanval op Ngcobo Polisiestasie naby Queenstown

burgerlike journalistiek banier  Photo and Frame Banier 2018

Khoi-San SA wag steeds voor Uniegebou

Drie lede van die Khoi-San SA bevolkingsgroep wat in hul tradisionele drag meer as 1 000 km vanaf Port Elizabeth na Pretoria gestap het om 'n memorandum vir erkenning aan pres. Jacob Zuma te oorhandig, wag steeds in die tuine van die Uniegebou. Hulle is Chief Khoi-San, Shane Plaatjies en Brendon Billings.

Hulle sê hulle wil amptelike erkenning vir hul volk as die oudste in SA hê en dat alle vorige voorleggings op niks uitgeloop het nie.

Hulle het 'n sirkel van dennebolle om hul drie tentjies in die Uniegebou-tuine gemaak en die woorde “First Nation” uitgepak. Hul memorandum gaan oor die beskerming van hul taal en kultuur, oor erkenning vir die Boesman-nasie.

By hul aankoms in Pretoria is hul weggewys omdat Zuma nie beskikbaar was nie en daar 'n probleem met hul tradisionele drag was. Toe besluit hulle, hulle sal wag totdat Zuma vir hulle tyd maak.

Hoë staatsamptenare het al met hulle kom praat, maar hulle wil Nommer Een sien en aan hom persoonlik hul vertoë oorhandig. Die publiek ondersteun hulle geweldig en hulle het reeds die belofte van gratis vliegkaartjies terug na PE ontvang.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

VVK2 banier