► Kleurling Christelike pastoor eerw. Oscar Bougardt van Kaapstad oor anti-gay retoriek tot 30 dae tronkstraf gevonnis, wat vir vyf jaar opgeskort is; sy grootste teenstander en kritikus is André Gaum, bekende gay-aktivis ► Taiwan besig met hul Han Kuang Exercise 5-daelange reuse militêre maneuvers as voorbereiding vir moontlike aanval deur China ► Opspraak oor nuwe Russiese ondersese Poseidon hommeltuig, wat skynbaar enige hawe in die wêreld kan opblaas – www.thesun.co.uk vir meer inligting ► “This is not about land. It is about the loss of votes by the ANC and its little son, the EFF. It’s an attack on the white citizens of South Africa.” – Moeletsi Mbeki ► Sosiale media op ligter noot: “Royal Family is now Level 2 BEE Compliant” ► Christo du Plooy van Parys Vrydagaand in worsteling met drie rowers in sy huis voor sy gesin doodgeskiet; rowers was swart, “geen rassisme nie” ► Free State Stars van QwaQwa wen nasionale Nedbank Beker met prysgeld van R7 miljoen ná oorwinning 1-0 oor Maritzburg United in eindstryd

Duur staatsgrond onbenut

Uit nog 'n antwoord op 'n DA Parlementêre vraag blyk dit dat die Dept van Openbare Werke in beheer sit van 'n grond- en eiendomsportefeulje ter waarde van meer as R12 miljard, welke grond en eiendomme onbenut lê. Hierdie portefeulje beslaan sowat 1,9 miljoen ha en meer as 12 000 individuele eiendomme.

Die belasting op hierdie eiendomme sedert 2014 beloop ongeveer R138 miljoen, terwyl sowat R9 miljoen gedurende hierdie tydperk op onderhoud van die eiendomme gespandeer is. Hierdie syfers staan te midde van die rasende gronddebat in die land en die aandrang op selfs onteiening van private eiendomme sonder vergoeding.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

VVK2 banier