► Australiese regering op laagste immigrante inname in dekade – slegs 138 086 geprosesseer laaste 10 maande ► Swart maj. MV Mohlale afgedank weens haatspraak, terwyl blanke Vicky Momberg in tronk sit ► Kontant in Transito kontrakteurs dreig om op 11 Junie te staak weens onvoldoende SAPD beskerming; kan ekonomie ernstig kortwiek ► Veterans Association in VSA sê elke dag pleeg gemiddeld 22 Amerikaanse oud-soldate / veterane in die VSA selfmoord a.g.v. onvoldoende of geen nasorg ná militêre diens in Irak, Sirië en Afganistan ► Bejaardes in hoewegebiede rondom Port Elizabeth te Theescombe, Colleen Glen, Greenbushes, Chelsea, Blue Horizon Bay en Seaview in reeks voorvalle aangerand met ysterstawe en pangas ► Voormalige wenner van Franse Ope Ken Rosewall (83) sal vanjaar trofee aan wenner oorhandig ► AB de Villiers (34) skok met sy uittrede uit internasionale krieket; word gehuldig as een van beste kolwers ooit ► SA rugbyspelers stroom na Engelse en Europese klubs, jongste blykbaar trop Leeus na Gloucester

SAID verlies aan deskundigheid

Uit ‘n antwoord op ‘n Parlementêre vraag van die DA blyk die yslike verlies aan deskundigheid (“brain drain”) wat die SA Inkomstediens (SAID) oftewel SARS vanjaar reeds onder departementele hoof Tom Moyane gely het. ‘n Totaal van 506 werknemers het die SAID vanjaar reesa verlaat, wat beteken dat dit in geheel 128 tersiêre grade en ten minste 7 479 jare ervaring verloor het. Dit kom teen die agtergrond dat die SAID sit met ‘n tekort in belastinginvordering van R50,8 miljard en dat die tekens duidelik waarneembaar is dat belastingbetalers in die land al meer steeks raak om hul belastingverpligtinge na te kom.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

VVK2 banier