► Kleurling Christelike pastoor eerw. Oscar Bougardt van Kaapstad oor anti-gay retoriek tot 30 dae tronkstraf gevonnis, wat vir vyf jaar opgeskort is; sy grootste teenstander en kritikus is André Gaum, bekende gay-aktivis ► Taiwan besig met hul Han Kuang Exercise 5-daelange reuse militêre maneuvers as voorbereiding vir moontlike aanval deur China ► Opspraak oor nuwe Russiese ondersese Poseidon hommeltuig, wat skynbaar enige hawe in die wêreld kan opblaas – www.thesun.co.uk vir meer inligting ► “This is not about land. It is about the loss of votes by the ANC and its little son, the EFF. It’s an attack on the white citizens of South Africa.” – Moeletsi Mbeki ► Sosiale media op ligter noot: “Royal Family is now Level 2 BEE Compliant” ► Christo du Plooy van Parys Vrydagaand in worsteling met drie rowers in sy huis voor sy gesin doodgeskiet; rowers was swart, “geen rassisme nie” ► Free State Stars van QwaQwa wen nasionale Nedbank Beker met prysgeld van R7 miljoen ná oorwinning 1-0 oor Maritzburg United in eindstryd

Staatsbeheerde Denel in penarie

In ‘n mediaverklaring sê die vakbond Solidariteit: “Nadat ons met die bestuur van die staatsbeheerde Denel vergader het, het ons met skok en kommer verneem oor die moontlike nie-betaling van Desember-salarisse aan werkers. Na ons mening is hierdie maar net nóg ʼn sprekende voorbeeld van ʼn staatsbeheerde entiteit wat weens wanbestuur groot verliese ly, terwyl sy werksmag – en trouens die hele SA – daarvoor moet boet.

“Denel benodig nog sowat R130 miljoen net om sy salarisuitbetalings vir Desember te kan maak, dit bo en behalwe die enorme bedrae skuld wat ook deur sy krediteure geëis word. Die maatskappy het by die Tesourie aansoek gedoen om ʼn waarborg van sowat R850 miljoen ten einde hom in staat te stel om ʼn lening aan te gaan om verligting te bring. Behalwe vir die werkers wat swaar getref word, sal die belastingbetaler moontlik ook verder moet opdok vir die wanbestuur, soos wat die geval by talle ander staatsentiteite is.

“Solidariteit het ʼn geskil met die maatskappy verklaar nadat dit bekend geword het dat Denel die geld, wat deel van werknemers se kostepakette uitmaak en wat hy namens sy werkers eenkant behoort te hou om sodoende 13de tjeks uit te betaal, verkwis het. Nie net is werknemers by Denel moontlik sonder ʼn salaris vir die maand nie, maar die maatskappy het boonop die geld wat die werkers self betaal om ʼn 13de tjek te ontvang, ook opgebruik sonder dat die nodige toestemming bekom is.

“Solidariteit is in volgehoue gesprek namens sy lede met Denel en sal nie huiwer om die nodige te doen indien die kontraktuele verpligtinge met werknemers nagekom is nie.”

Solidariteit het vroeër vanjaar ʼn verslag oor die kommerwekkende stand van staatsbeheerde entiteite bekendgestel – klik hier om dit te lees.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

VVK2 banier