► Kleurling Christelike pastoor eerw. Oscar Bougardt van Kaapstad oor anti-gay retoriek tot 30 dae tronkstraf gevonnis, wat vir vyf jaar opgeskort is; sy grootste teenstander en kritikus is André Gaum, bekende gay-aktivis ► Taiwan besig met hul Han Kuang Exercise 5-daelange reuse militêre maneuvers as voorbereiding vir moontlike aanval deur China ► Opspraak oor nuwe Russiese ondersese Poseidon hommeltuig, wat skynbaar enige hawe in die wêreld kan opblaas – www.thesun.co.uk vir meer inligting ► “This is not about land. It is about the loss of votes by the ANC and its little son, the EFF. It’s an attack on the white citizens of South Africa.” – Moeletsi Mbeki ► Sosiale media op ligter noot: “Royal Family is now Level 2 BEE Compliant” ► Christo du Plooy van Parys Vrydagaand in worsteling met drie rowers in sy huis voor sy gesin doodgeskiet; rowers was swart, “geen rassisme nie” ► Free State Stars van QwaQwa wen nasionale Nedbank Beker met prysgeld van R7 miljoen ná oorwinning 1-0 oor Maritzburg United in eindstryd

Ook dalk alle damme in SA genasionaliseer

Volgens Minister van Water en Sanitasie, Nomvula Mokonyane, gaan die regering moontlik oorweeg om alle private damme in SA te onteien, omdat dit as 'n nasionale bate beskou word en dit aangewend moet word om sg. ongelykhede, armoede en werkloosheid uit te skakel. Sy sê daar is tans 5 125 geregistreerde damme in die land, waarvan 700 deur staatsdepartemente en munisipaliteite beheer word, 4 000 is onder beheer van die landbousektor en 330 onder bestuur van die mynbousektor en nywerhede.

Mokonyane sê: “Die water in Suid-Afrika kan nie in die hande van 'n mnr. Swanepoel wees nie. Dit kan nie wees nie. Water is 'n bron wat gedeel moet word.”

Gradeer die artikel
(1 Vote)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

VVK2 banier