Van Niekerkshof Kennels

► Ope twiet aan die staatshoof: “Mnr. die President, hoe is dit dat u noem glad nie in die Parlement gruwelike plaasmoorde nie, maar u sê u gaan die grond van die oorblywendes vat sonder vergoeding?” ► Ope twiet aan pres. Ramaphosa: “Dis 'n leuen, mnr. die President, blankes het nog nooit grond van swartmense gesteel nie.” ► Bewyse en nogmaals bewyse word gevra vir die bewerings dat blankes grond van swartmense gesteel het ► Blankes het vanaf die 1700’s in grootliks onbewoonde gebiede ingetrek en in onbesette gebiede gevestig ► Blankes en swartmense het suidelike Afrika vanaf die 1700’s gelyktydig bevolk – een uit die noorde en die ander uit die suide ► Met bevolking van die land het blankes swartes voorgestel aan die alfabet, die wiel en die reg van die wet ► Vyf Polisielede in gewapende aanval op Ngcobo Polisiestasie naby Queenstown

burgerlike journalistiek banier  Photo and Frame Banier 2018

Mangaung Metro stort in duie

Op verskillende fronte is dienslewering van die Mangaung Metro Munisipaliteit besig om in duie te stort. Behalwe dat daar beslag gelê is op die luukse ampsmotor van die uitvoerende burgemeester weens uitstaande skuld lê 'n yslike dam rioolvuil al vir weke en stink in die Ooseinde nywerheidsgebied op die hoek van Fritz Stockenstrom straat.

In Martindale en Hoëveld hoewegebied het die slaggate al so erg geword dat inwoners hul motors verkoop om viertrekvoertuie aan te skaf. By die dorpie Soutpan noord van Bloemfontein wat ingeskakel is by die metro gebied, het toetse van die drinkwater gewys dat dit met E.coli besmet is met 'n telling van 130, waar die vereiste is dat dit 0 moet wees. Die gevolg is nou dat vars water met waterkarre aangery moet word.  

Gradeer die artikel
(1 Vote)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

VVK2 banier