Van Niekerkshof Kennels

► Roemenië sluit aan by Hongarye, Pole Slowakye en Tsjeggiese Republiek om Moslem-migrante te verbied ► OB Busisiwe Mkhwebane gaan twee top ANC’s en voormalige Vrystaatse politici Ace Magashule en Mosebenzi Zwane ondersoek oor Vrede suiwelskandaal ► Inbraak by Valke-kantoor in Kaapstad – baie vrae daaroor ► Wreedaardige aanval op Mike Bonnette, boer van Chrissiesfontein, Midvaal-distrik – wonderbaarlik oorleef ► Mangaung Metro burgemeester weier openbare vergadering oor waterkrisis in die metro ► Britse regering skenk R858 miljoen aan pres. Cyril Ramaphosa ondanks of danksy sy voorneme om grond in SA te onteien sonder vergoeding ► Minister van Polisie Bheki Cele weier dat spesiale eenhede vir plaasveiligheid ingestel word ► Statebondsberaad in Londen met 53 staatshoofde; Brittanje nuwe bande vir Brexit ► Meer nuus op www.ditsem,net en Ditsem Facebook; teken in op DitsemBlits

burgerlike journalistiek banier  Photo and Frame Banier 2018

Nuwe premiers vir Vrystaat en Noordwes

Die ANC as meerderheidsparty het twee nuwe premiers aangewys, nl. Sisi Ntombela vir die Vrystaat en Refilwe Mtshweni vir Mpumalanga. Ntombela was tot nou die LUR vir COGTA en voorheen LUR vir Maatskaplike Ontwikkeling, in albei poste waarvan sy 'n bedenklike diensleweringrekord agtergelaat het. Inmiddels het die stof nog nie gaan lê oor die ANC-tweespalt in die Vrystaat nie en sit die adjunk-voorsitter van die party Thabo Manyoni sy verbete stryd voort teen die korrupte nalatenskap van Ace Magashule.

Mtshweni neem die plek in van David Mabuza wat aangewys is as ANC adjunk-president en adjunk-president van die land en wat eweneens 'n bedenklike rekord in Mpumalanga agterlaat. Sy is op hierdie stadium 'n onbekende kaart in die pak en hoe sy die nalatenskap van Mabuza gaan hanteer, is 'n ope vraag.

Oor die aanstelling van Ntombela sê die VF Plus in 'n mediaverklaring: “Enige kandidaat is meer aanvaarbaar as Ace Magashule, maar Ntombela se bewese rekord van swak bestuur in die departemente van Samewerkende Regering, wat in beheer is van die munisipaliteite in die Vrystaat, asook die provinsiale departement van Maatskaplike Ontwikkeling, is kommerwekkend. Vrystaatse munisipaliteite is in ʼn benarde toestand weens wanbestuur en onbevoegdheid en onder Ntombela se bestuur het hulle net verder verval.”

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

VVK2 banier