Van Niekerkshof Kennels

► Roemenië sluit aan by Hongarye, Pole Slowakye en Tsjeggiese Republiek om Moslem-migrante te verbied ► OB Busisiwe Mkhwebane gaan twee top ANC’s en voormalige Vrystaatse politici Ace Magashule en Mosebenzi Zwane ondersoek oor Vrede suiwelskandaal ► Inbraak by Valke-kantoor in Kaapstad – baie vrae daaroor ► Wreedaardige aanval op Mike Bonnette, boer van Chrissiesfontein, Midvaal-distrik – wonderbaarlik oorleef ► Mangaung Metro burgemeester weier openbare vergadering oor waterkrisis in die metro ► Britse regering skenk R858 miljoen aan pres. Cyril Ramaphosa ondanks of danksy sy voorneme om grond in SA te onteien sonder vergoeding ► Minister van Polisie Bheki Cele weier dat spesiale eenhede vir plaasveiligheid ingestel word ► Statebondsberaad in Londen met 53 staatshoofde; Brittanje nuwe bande vir Brexit ► Meer nuus op www.ditsem,net en Ditsem Facebook; teken in op DitsemBlits

burgerlike journalistiek banier  Photo and Frame Banier 2018

Hoekom Trump?

As jy in Suid Afrika die VSA se president komplimenteer loop jy die risiko om tegelykertyd geskiedenis te maak en van almal se Krismislysie geskrap te word.

Trump-ondersteuners is berug vir hul swye in geselskap. Dis baie soos om polities-behoudend in Suid Afrika te wees. Jy shut the f*ck up en lees in jou media hoe disfunksioneel jy is.

Nog nooit in die geskiedenis van die demokrasie het 'n demokraties-verkose president meer demokrate so ondemokraties gemaak as die 71-jarige Donald Trump nie.

Ek word gelooi vir my lof vir die windgatste president in menseheugenis. En dit is hy beslis. Hy is bruusk, baldadig en aweregs. Hier egter is my redes hoekom ek aan Trump gehoor gee:

■ Ek en ander wêreldburgers het deur die eeue 'n ysige wantroue ontwikkel vir konvensionele politici, met hul konvensionele beloftes, verpak in konvensionele toesprake, versoet met die nodige diplomasie, deurspek met die ou roetine van fopnuus en heuning, politici wat in hul blouligbrigades voor ons uitskiet om te gaan giggel in die parlement.

■   As Suid Afrikaner het ek 'n behoefte aan 'n president wat praat met gesag in die taal van sekerheid eerder as metaforiese kuisheid. Trump is dalk 'n showman, maar doekies omdraai is nie sy forté nie. Hy sny soos 'n orkaan deur die mure wat ons deur die jare om ons hartjies gebou het om ons gevoelens te beskerm. Want ons gevoelens, en net ons gevoelens, is al wat tel. Ek is volwasse genoeg om die data te verwerk sonder versiersuiker.

■   Ek het nodig om te hoor dat ons politici ons nie dom hou met polities korrekte narratiewe nie. Die waarheid is meer werd en meer omvangryk as dit. Soos zombies drom ons al jare om die ANC beloftes vir 'n beloofde land wat uit die sosialistiese hemele sal stort.

■   Ek benodig 'n president wat spoeg op die Marxistiese lens waardeur ons almal forseer word om te kyk. Sy toewyding aan sy geloof, sy erfenis, sy veterane en sy volkslied vertel my iets van sy toewyding aan sy land.

■   Daarom het ek nodig om te hoor: You are fired, goodbye. In Suid Afrika kry ons al professionele afgedanktes. Die ANC se hoofde van semi-staatsinstellings kry eenvoudig nie tyd om hul goue handdrukke te bestee nie. Nie iets wat Trump sal duld nie.

■   Ek moet kan aanvaar dat ek belas word deur 'n "shithole" staat as my regering eenvoudig nie weet hoe om bo wanprestasie en wanpraktyk uit te styg nie. Toe Donald Trump sulke state "shitholes" noem, het die huigelaars mooi sonsondergangfoto's van hul lande gepubliseer. Nie ek nie. Ek weet presies wat die Don bedoel. En my land is esteties asemrowend.

■   Ek het nodig om te hoor hoe 'n president sy voorgangers kritiseer. Onder 'n ANC eenpartystaat is dit natuurlik taboe. Hulle durf nie.

■     Demokrate en liberaliste, die voormalige pioniers van spraakvryheid, staan vandag bont met die inventaris van onspreekbare woorde, by die poorte van vryspraaksones en vryspraakvrye universiteite. Ek wil weet van 'n leier wat sulke fasciste die middelvinger wys en ek gee nie om wat hy hulle noem nie.

■   Ek het nodig om te weet dat daar 'n president is wat ryk was voor sy politieke loopbaan, nie as gevolg van sy politieke loopbaan nie. Ons parlement bestaan oorwegend uit voormalige terroriste en tronkvoëls, wat heerlik smul aan ons belastingverpligtinge.

■   Ek benodig 'n kapitalis-president wat haat om ander se geld te mors. Hy bevraagteken tenders en snoei ‘n oorgewig administrasie. Ek sou wou stem vir so 'n president, maar Suid Afrika is nie daardie tipe demokrasie nie. Geen ANC ampsdraer, vanaf ministers tot burgemeesters, is voor gestem nie. Dit verduidelik natuurlik alles.

■   Hier rond is 'n enorme aanvraag vir die lae swart werkloosheidsyfer van Trump se eerste jaar in die Withuis. Trump se VSA geniet vandag die laagste swart werkloosheidskoers in 45 jaar (6.8%). Klaarblyklik durf niemand Trump daarvoor prys nie. Daarom weet jy dit nie.

■     Ek het nodig om te hoor dat "ons" en "hulle" wel bestaan. En dat dit goed is so. Dat die Obama-paradys van konsensus 'n klug is en altyd was. Ek eis die reg om dit wat ek geniet, te omhels en dit wat ek minag, "shitholes" te noem. Ek weier om te maak of ek die woord nie ken of nog nooit gebruik het nie.

■     Anders as ander is hier een president wat nie vir een sekonde onder die radar kan uitklim vir respyt (of korrupsie) nie. Sy elke beweging is onder die soeklig van die wat hom verag. En omdat sy beleid nie veel gekritiseer kan word nie, sal jy nooit ophou lees aan kritiek op sy klere, taal, gewig, gesondheid, vrou, kinders, rykdom en twiets nie.

■   Die CNN-gedrewe TDS (Trump Derangement Syndrome) het ons afgestomp vir wat eintlik belangrik is. Kyk wat het die naargeestige Mail & Guardian, Daily Maverick, Time, Huffington Post, Telegraph, Guardian, New York Times, London Evening Standard, SKY, BBC, CBS, ABC, NBC en MSNBC die Clintons en Obamas vir jare mee laat wegkom het. Diversiteit sluit vir hierdie tipe media geensins intellektuele diversiteit in nie. En omdat ook ons media (The New Age, Sunday Times, eNCA, Kyknet, Naspers, Media24, SABC, ens.) sterk links oorhel, leef ons al dekades op 'n dieet van liberale regressiwiteit. Jy voel dit nie, want jy is die padda in die kookwater, soos Cyril Ramaphosa ons noem.

Dink aan daai gelaaide meningspeilings, ons Afrosentriese ontleders, die verloopte Afrikaners en Boerehaters, die Piet Croucamps, Max du Preez's, Rian van Heerdens, die Marxistiese propaganda, linkse sneeuvlokkies en ondemokratiese demokrate. Ek volg vandag @BreitbartNews, @Infowars, @maroelamedia, @RSApolitics, @SABreakingnews, @Praag, @renegade_brigade, @AmRenaissance, @NewRightAmerica, @AtlanticCent @faith_heritage, @zerohedge, @ThaRightStuff. Dit het 'n bekkige Amerikaanse president gevat om my uit my slaapwandeling te ruk.

■     Die allermagtigste linkse media beheer nie meer die agenda nie. Daardie mag MOET weer in die hande van die wyer samelewing wees, wat die reg moet kan geniet om te mag kritiseer en gekritiseer te word. Anders skakel ons met graagte oor na sosiale media. Soos die res van die planeet nou doen. Soos Trump ook doen.

■   Trump "trigger" die narsistiese, meesal histeriese, Social Justice Warriors. Dit kon nie anders nie. Hulle is dan maaksels van die selfie-kultuur. Warhol se “15 minutes of fame” is hulle dryfveer. Is daar iets meer vermaaklik as die selfvernietigende ontbinding van dié neurotiese sneeuvlokkies? Hulle kan geen skade bewys nie, maar wil vergoeding hê daarvoor. Daarom skree hulle hulself maar in 'n staat van post-traumatiese stres in. 'n Vloermoer, soos stout kinders. Jy sal onthou hoe vroue hul broeke afgetrek het om te ontlas op die sypaadjies van Times Square, hoe hulle vaginahoedens gedra het vir genderregte en hoe hulle in sexy, swart rokkies by die Golden Globes verskyn het in 'n veldtog teen die objektifiëring van vroue. Ons het die EFF daarvoor. Hulle vra respek vir hul mense en bestook dan ander met ontlasting, hulle trek hulle broeke af vir internasionale media, hulle vandaliseer, brand, plunder en verwoes.

■   Die grootste Suid Afrikaanse nywerhede het lank reeds hul hoofkwartiere buite SA se grense gevestig om die ANC se wurggreep van regulasie te ontduik. Onder Trump is daar 'n rare ommekeer in markvertroue. Ook die grootste Amerikaanse motorvervaardigers trek weer terug, met enorme gevolge vir indiensneming en die breër belofte om Amerika "great again" te maak.

■   Hou op val daarvoor: Trump sê nie wat hy wil nie. Maar hy huiwer geensins om lande (“shithole countries”) en projekte (NATO, TPP, Paris Accord) te antagoniseer wat te lank reeds 'n finansiële las op Amerika se welwillendheid is nie. As hy jou land 'n "shithole country" noem, is dit 'n geringe belediging in vergelyking met Amerika se opskorting van buitelandse hulp aan dieselfde lande. Meeste lande (en hul diktators) kan nie bekostig om sonder Amerikaanse inspuitings kop bo water te hou nie. Amerika skenk tot $12 miljard aan ontwikkelingshulp in 47 Afrikalande (USAID).

■     Trump is reg. Jy moet die feit/mite/krisis van klimaatsverandering finansier in die mate wat jy daaraan glo. Jy kan dit nie almal se probleem of prioriteit maak nie. Die wêreld maak dit die VSA se probleem. As Afrikaner word jou belasting vandag aangewend vir leerders wat jou kinders se moedertaal van hier af aan sal uitsluit. Dieselfde ding.

■   In SA wag miljoene al dekades lank vir behuising, rykdom, gelykheid, motors, grond en wasmasjiene wat uit die lug sou tuimel. Trump staan by sy verkiesingsbeloftes. En hulle is haalbaar. Die Meksikaanse muur staan dalk nog nie, maar het hy het as president Amerika weer aanloklik gemaak met verrykende belastingvoordele en verligting. Die linkse media moet desnoods swyg hieroor, veral noudat hulle spaarvarkie ook uit sy nate kan bars.

■   'n Roekelose president is hy dalk, maar niemand soek skoor met 'n roekelose president wat 'n armlengte van 'n kernbomknoppie staan nie. Selfs Kim Jung-un wil skielik gesels. Trump het reeds bewys dat hy met 'n ystervuis sal slaan. ISIS was na die bevryding van Raqqa nooit weer dieselfde nie. In Suid Afrika staan ons verlam voor hordes geweldenaars. Ons kon nie eers 'n skermutseling met Lesotho baasraak nie.

■   Trump-haters staar hulle blind teen die ondiplomatiese en soms (ek gee toe) kinderagtige Don. Maar sy heupskoot uitsprake maak hom nie minder gewild nie - sy uitsprake het hom president gemaak! Terwyl ons die president leer ken, is Donald Trump besig om sy mense te leer ken. Hy het homself nie president gemaak nie en hy weet dit.

■   Trump het 'n 70-punt immigrasieplan om die VSA 'n veiliger plek te maak. 70% van die 100 000 onwettige immigrante wat Trump reeds kon vasvat, was kansvatters met kriminele rekords. Die ANC bied ons 'n 1-punt plan vir ons beskerming: Die maak-soos-jy-wil plan.

■     Met die senaat se goedkeuring van Trump se (ongeëwenaarde) 11 appèlregters in 12 maande het die president die regbank vir altyd verander en effektief gemaak vir sy 90 nuwe wette, afgeteken in dieselfde tyd. Daardie vermoë en wil-tot-prestasie is afwesig in Amanzi - waar ons uitstaande hofsake toustaan soos Siriërs in Disneyland.

■     En dan die deel wat sy haters nooit mag erken nie. Geen president kon binne enkele maande robuuste ekonomiese groei beloof en lewer nie. As die Trump administrasie nie dadelik deur Demokrate gestop word nie, sal hy ‘n groter verleentheid vir hulle wees as wat hulle dink. Daarom probeer hulle hom summier stop en sink.

■     Bitter min presidente, wêreldwyd, kon die werkloosheidsyfer so vinnig omkeer. Jy kan hom nie haat daarvoor en die Suid Afrikaanse werkloosheidsyfer betreur nie. Jy sal moet kies. Ons ekonomiese vooruitsigte is benard. Ons grootste droom vir 2018 is 20% werkloosheid, 11 Rand vir 1 Dollar en 'n korter verblyf op rommelstatus se stasie - met 'n nuwe president wat reeds ontman is deur comradeship.

■     Naas Trump se ongekende belastinghervorming ontrafel hy sy voorganger se strawwe handels- en arbeidsregulasie. Ons ideaal vir 'n vrye mark is lank reeds dood gewurg deur Regstellende Aksie, SEB, Rassevoorkeurbehandeling, kwotas en onetiese tenderwerwing. Steeds leer ons nie.

■     Suid Afrika is die ongelukkigste land op vredesindekse en, na alles, meer rassisties en ongelyk as ooit. Na Donald Trump se eerste jaar in die Withuis sit hy met ‘n benydenswaardige probleem: 'n Groeiende ondersteuningsbasis onder swartes, Latino's, wettige immigrante en gays. En dan word sy aansprake nageaap in Europa, waar laasjaar se piepklein konserwatiewe faksies vandag se ontluikende opposisiepartye is.

Dis 'n nuwe wêreld daar buite.

Is Donald Trump die messias?

Beslis nie.

Is hy 'n irriterende swierbol?

Beslis, ja.

Maar onthou al bogenoemde as jy ná die volgende Amerikaanse verkiesing met nog 'n hoofpyn wakker word en Trump bedank Amerika vir sy tweede termyn as president.

Gradeer die artikel
(2 stemme)

1 comment

  • SOON ZEVENSTER - Dinsdag, 10 April 2018

    Ek stem 100% saam met hierdie artikel.Netsoos die JA-stemmers van ouds lankal in geselskappe swyg oor waar hul kruisie vir n JA STEM geval het
    So swyg mense oor Trump se suksesse bloot omdat hulle steeds slawe van die massa media is.SOOOO UITERS TRAGIES

    Report

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Meer in die kategorie:

VVK2 banier