Van Niekerkshof Kennels

► Roemenië sluit aan by Hongarye, Pole Slowakye en Tsjeggiese Republiek om Moslem-migrante te verbied ► OB Busisiwe Mkhwebane gaan twee top ANC’s en voormalige Vrystaatse politici Ace Magashule en Mosebenzi Zwane ondersoek oor Vrede suiwelskandaal ► Inbraak by Valke-kantoor in Kaapstad – baie vrae daaroor ► Wreedaardige aanval op Mike Bonnette, boer van Chrissiesfontein, Midvaal-distrik – wonderbaarlik oorleef ► Mangaung Metro burgemeester weier openbare vergadering oor waterkrisis in die metro ► Britse regering skenk R858 miljoen aan pres. Cyril Ramaphosa ondanks of danksy sy voorneme om grond in SA te onteien sonder vergoeding ► Minister van Polisie Bheki Cele weier dat spesiale eenhede vir plaasveiligheid ingestel word ► Statebondsberaad in Londen met 53 staatshoofde; Brittanje nuwe bande vir Brexit ► Meer nuus op www.ditsem,net en Ditsem Facebook; teken in op DitsemBlits

burgerlike journalistiek banier  Photo and Frame Banier 2018

'n Spel-en-Speel-kompetisie vir laerskoolleerders in die Vrystaat word jaarliks deur AfriForum aangebied, met die fokus spesifiek daarop om kinders se lees- en spelvaardighede in hul moedertaal op ’n prettige manier te bevorder. Boonop is groot pryse op die spel.

Vanjaar is die kompetisie in samewerking met die gasheerskool, die Onafhanklike Skool Eduplus, asook Volksblad aangebied. Altesaam 113 leerders van 11 laerskole het deelgeneem in die twee afsonderlike afdelings vir graad 4- tot 7-leerders, naamlik Afrikaans huistaal en Afrikaans addisionele taal.

Die wenners in die onderskeie afdelings is soos volg: Graad 4: Huistaal: Mia Greeff (Laerskool Universitas); Addisionele taal: Neilke Maree (Onafhanklike Skool Eduplus) / Graad 5: Huistaal: Lisa Botha (Laerskool Fichardtpark):                 Addisionele taal: Quistynn Veldschoen (St. Michael’s School for Girls); / Graad 6: Huistaal: Elseri Venter (Laerskool President Brand); Addisionele taal: Jacole Spangenberg (Eunice Primary School) / Graad 7: Huistaal: Clarissa Venter (Onafhanklike Skool Eduplus); Addisionele taal: Alexia Coetzee (Onafhanklike Skool Eduplus).

Die Laerskool Fichardtpark het die prys gewen vir die skool met die meeste huistaalinskrywings, terwyl die Eduplus Onafhanklike Skool en die Laerskool Zastron die prys gedeel het vir die skool met die meeste inskrywings vir addisionele taal.

Later vanjaar bied AfriForum die onvoorbereide Dink-of-Sink-debatkompetisie aan vir hoërskoolleerders. Vir meer inligting hieroor, besoek https://www.afriforum.co.za/dink-sink-2018/U.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

VVK2 banier