► Kleurling Christelike pastoor eerw. Oscar Bougardt van Kaapstad oor anti-gay retoriek tot 30 dae tronkstraf gevonnis, wat vir vyf jaar opgeskort is; sy grootste teenstander en kritikus is André Gaum, bekende gay-aktivis ► Taiwan besig met hul Han Kuang Exercise 5-daelange reuse militêre maneuvers as voorbereiding vir moontlike aanval deur China ► Opspraak oor nuwe Russiese ondersese Poseidon hommeltuig, wat skynbaar enige hawe in die wêreld kan opblaas – www.thesun.co.uk vir meer inligting ► “This is not about land. It is about the loss of votes by the ANC and its little son, the EFF. It’s an attack on the white citizens of South Africa.” – Moeletsi Mbeki ► Sosiale media op ligter noot: “Royal Family is now Level 2 BEE Compliant” ► Christo du Plooy van Parys Vrydagaand in worsteling met drie rowers in sy huis voor sy gesin doodgeskiet; rowers was swart, “geen rassisme nie” ► Free State Stars van QwaQwa wen nasionale Nedbank Beker met prysgeld van R7 miljoen ná oorwinning 1-0 oor Maritzburg United in eindstryd

Stigting van Mandela Mining Precinct

Kennis moet geneem word van die Mandela Mining Precinct wat vandeesmaand in Johannesburg tot stand gekom het as 'n omvattende navorsingsprojek vir die mynbedryf in SA. Met strategiese vennote wat die WNNR en die Kamer van Mynwese insluit en 'n begroting van R100 miljoen per jaar is die doel van die trust om indringende navorsing te doen oor al die probleme en uitdagings wat die mynwese in SA in die gesig staar en verkieslike toekomsscenarios uit te werk.

Hoewel op hierdie stadium die mynwese in SA grootliks in die hande van groot, anti-Afrikaner, maatskappye en swart ekonomiese bemagtiging is, kan die Precinct 'n beduidende rol speel wat betref die toekoms van mynwese in SA.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

VVK2 banier