► Kleurling Christelike pastoor eerw. Oscar Bougardt van Kaapstad oor anti-gay retoriek tot 30 dae tronkstraf gevonnis, wat vir vyf jaar opgeskort is; sy grootste teenstander en kritikus is André Gaum, bekende gay-aktivis ► Taiwan besig met hul Han Kuang Exercise 5-daelange reuse militêre maneuvers as voorbereiding vir moontlike aanval deur China ► Opspraak oor nuwe Russiese ondersese Poseidon hommeltuig, wat skynbaar enige hawe in die wêreld kan opblaas – www.thesun.co.uk vir meer inligting ► “This is not about land. It is about the loss of votes by the ANC and its little son, the EFF. It’s an attack on the white citizens of South Africa.” – Moeletsi Mbeki ► Sosiale media op ligter noot: “Royal Family is now Level 2 BEE Compliant” ► Christo du Plooy van Parys Vrydagaand in worsteling met drie rowers in sy huis voor sy gesin doodgeskiet; rowers was swart, “geen rassisme nie” ► Free State Stars van QwaQwa wen nasionale Nedbank Beker met prysgeld van R7 miljoen ná oorwinning 1-0 oor Maritzburg United in eindstryd

Die korttermynversekeraar Santam, wat op 1 Mei 1918 sy deure in Burgstraat, Kaapstad, oopgemaak het, vier vanjaar sy eeufees. Santam het, soos Sanlam en Volkskas daarna, ontstaan toe Afrikaners grootliks plattelanders was en aan die verarmingsgevolge van die Anglo-Boere-oorlog gely het.

Destyds was die leuse van Santam Gebore uit die volk om die volk te dien. Vandag is Santam ‘'n reusemaatskappy met 5 990 personeellede wat in 34 lande, insluitende Maleisië en Indië sake doen. In SA is Santam steeds die grootste versekeraar met ‘n markaandeel van 22% en is sy leuse Regte, egte versekering, of in Engels Insurance good and proper.

In 1919 het Santam na Adderleystraat getrek omdat die kantore te klein geword het, terwyl die maatskappy in 1964 op die JSE genoteer het. Santam behartig gemiddels 500 000 eise per jaar, waarvan nagenoeg 70% met motorversekering te doen het. In 2017 het Santam R19 miljard aan eise uitbetaal.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

VVK2 banier