► Kleurling Christelike pastoor eerw. Oscar Bougardt van Kaapstad oor anti-gay retoriek tot 30 dae tronkstraf gevonnis, wat vir vyf jaar opgeskort is; sy grootste teenstander en kritikus is André Gaum, bekende gay-aktivis ► Taiwan besig met hul Han Kuang Exercise 5-daelange reuse militêre maneuvers as voorbereiding vir moontlike aanval deur China ► Opspraak oor nuwe Russiese ondersese Poseidon hommeltuig, wat skynbaar enige hawe in die wêreld kan opblaas – www.thesun.co.uk vir meer inligting ► “This is not about land. It is about the loss of votes by the ANC and its little son, the EFF. It’s an attack on the white citizens of South Africa.” – Moeletsi Mbeki ► Sosiale media op ligter noot: “Royal Family is now Level 2 BEE Compliant” ► Christo du Plooy van Parys Vrydagaand in worsteling met drie rowers in sy huis voor sy gesin doodgeskiet; rowers was swart, “geen rassisme nie” ► Free State Stars van QwaQwa wen nasionale Nedbank Beker met prysgeld van R7 miljoen ná oorwinning 1-0 oor Maritzburg United in eindstryd

Geskiedkundige kerkgebou in Pretoria verkoop

Die geskiedkundig kerkgebou van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika in Du Toitstraat, Pretoria, opgerig in 1905, is aan die SA Reserwebank verkoop a.g.v. die radikale demografiese veranderinge wat in die middestad plaasgevind het. Aangesien die kerkgebou een van die drie oudste kerkgeboue in Pretoria is en volgens wet as geskiedkundige gebou beskerm word, het die Reserwebank onderneem om die gebou in stand te hou en word beplan om dit as museum vir die Reserwebank in te rig.

Daar is egter begrip vir die spesiale plek wat die kerkgebou inneem en verteenwoordig dit ‘'n geskiedkundige band tussen die Hervormde Kerk en die ontwikkeling van Pretoria. Verskeie algemene kerkvergaderings is in hierdie kerkgebou gehou en is die oorgrote meerderheid van hul predikante is in hierdie kerk gelegitimeer. Gevolglik is ‘'n spesiale afskeidsgeleentheid gereël vir Sondag 13 Mei 2018 om 15:00.

Vir meer besonderhede, skakel Phillip Van Staden by 082 334 2444 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..">Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

VVK2 banier