► Abel Sithole as uitvoerende hoof van die Government Employees’ Pension Fund (GEPF) getuig voor Mpati-kommissie dat ʼn “belegging” van R4,3 miljard sonder sy medewete gemaak is uit die GEPF na die firma Ayo Technologies van omstrede Iqbal Survé; blykbaar kan of wil Ayo dit nou nie terugbetaal nie ► Mynmaatskappy Rio Tinto het sy Rössing Uraanmyn in Namibië, in produksie sedert 1976 en wat tans jaarliks sowat 4,6 miljoen pond uraan lewer, verkoop aan die China National Uranium Corporation (CNUC) vir $106,5 miljoen; Rio Tinto het sedert 2017 beleggings van $11,2 miljard uit Namibië onttrek ► Nuwe Minister van Water, Sanitasie en Menslike Nedersettings Lindiwe Sisulu sê in Parlement skade in die departement weens korrupsie en wanbestuur is feitlik “onmeetlik” en dat drastiese omdraaistrategie dringend nodig is ► Munisipaliteite skuld die nege waterrade en Dept. van Water R14 miljard vir waterdienste gelewer ► Adjunk-minister van Landbou, Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming Mcebisi Skwatsha sê in Parlement dat onteiening sonder vergoeding binnekort ʼn werklikheid gaan wees, “maar onwettige grondgryp nie toegelaat sal word nie” ► Vrystaat Landbou sê massiewe armoede in Lesotho bedreig wet en orde in Vrystaat en dat dit verskillende tipes misdaad in die provinsie veroorsaak ► Volgens verslag van PwC is vergoeding van ʼn uitvoerende hoof van mynmaatskappy in SA gemiddeld sowat R16,8 miljoen per jaar en dié van ʼn finansiële hoof sowat R6,9 miljoen per jaar ► Projek VatVyf gebaseer te Orania benodig borgskap vir twee behoeftige blanke leerlinge in Bloemfontein wat as prefekte gekies is om einde vanjaar elkeen ʼn oriënteringskamp by te woon – R1 000 vir seun in hoërskool en R500 vir dogter in laerskool – kontak projekvatvyf@gmail.com of 082 773 2150 ►
×

Waarskuwing

JUser: :_load: Kan nie gebruiker laai met id: 68

JUser: :_load: Kan nie gebruiker laai met id: 42

Sport

Krieket is een van die toonaangewende sportsoorte in die land wat tans op sy knieë gewurg word deur die verpligte kwotastelsel wat geld vanaf  skoolvlak…
Die Bokkieweke vir Afrikanerskoliere wat deur die Afrikaner Volkseie Sport (AVS) aangebied word, vier vanjaar hul 25ste bestaansjaar met groeiende sukses en sportkodes wat steeds…
SportredaksieWaar so ‘n groot storm gewoed het rondom die Springbokke by die afgelope Wêreldbeker in Engeland, is dit goed om ‘n oomblik ter nabetragting stil…

30 jaar op die pad

Johann DannhauserVir hierdie rubriek het ons gesels met Floors Welthagen van Bloemfontein wat al 30 jaar aan padwedlope en veldwedlope deelneem. Hoewel ons die inligting…
SportredaksieDie pas afgelope Comrades Ultramarathon het ‘n nuwe SA kampioen opgelewer in die persoon van die 32-jarige Caroline Wöstmann, ‘n lektrise aan Wits. Sy het…
SportredaksieDie eerste Sterkmankompetisie vir o/90 kg deelnemers is op Saterdag 23 Mei 2015 by The Training Edge Gimnasium, Fichardtpark, Bloemfontein aangebied. Topdeelnemers vanoor die land…
Bladsy 7 van 8
Go to top