► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

Rugby uitverkoop aan geld

Dit is duidelik dat met die Super-rugbyreeks dit meer gaan oor die geld wat rugby-administrateurs uit TV-regte uit die sport kan verdien as oor die sport self. Dit is net logies dat met tot nege “internasionale” wedstryde per naweek wat op vyf vastelande gespeel word en wat wêreldwyd gebeeldsend word, daar meer geld te maak is as enkele toetswedstryde tussen lande hier en daar. So gaan dit oor superklubspanne van vyf lande wat met mekaar meeding en so het die aura en gelade atmosfeer van patriotiese nasionale toetsspanne teen mekaar grootliks verlore gegaan. Daarby word spelers astronomiese vergoedings betaal, wat weer beteken hulle word tot ‘n groot mate trekvoëls wat agter die grootste buit aangaan en sodoende word provinsiale lojaliteit ingeboet. Dit pas die beheerliggaam van die huidige Super-18 reeks om die aantal spanne te verminder na 15, wat beteken twee SA spanne en een Australiese span gaan afgesny word – algemeen aanvaar die Cheetahs en die Kings. daar word nou berig dat hierdie twee spanne aan die Europese Pro12-kompetisie gaan deelneem, maar die grootste nadeel is dat hierdie kompetisie tydens die SA somer vanaf September tot Mei plaasvind. Dit sou beteken dat spelers van die Cheetahs en Kings 12 maande per jaar rugby sal moet speel indien hulle in aanmerking wil kom vir die Springbokspan en ander verteenwoordigende SA spanne. Dit bring die waarskynlikheid na vore dat huidige spelers van hierdie twee spanne eerder sal verkies om te verhuis na SA spanne wat steeds in die Super reeks meeding, wat weer rugby in die Vrystaat en Oos-Kaap 'n nekslag kan toedien. Wat is die oplossing? Die voor die handliggende is dat rugby weer teruggebring word na die tradisionele kompetisies van toetswedstryde tussen nasionale spanne en dat in SA die Curriebekerreeks ook terug na sy voormalige prestige status herstel word. Om dit egter te doen, moet die geldgod ingekort word – 'n onwaarskynlikheid in die voorsienbare toekoms.
Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top