► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

Comrades: Groot gelykmaker

Op Sondag 4 Junie het die 92ste Comrades Marathon oor sowat 87 km tussen Durban en Pietermaritzburg weer sy kwota drama opgelewer. Daar is iets aan hierdie geleentheid wat dit nie maar net 'n sportgebeurtenis maak nie, maar 'n belewenis – vir deelnemers, toeskouers en wedloopbeamptes. Vir vanjaar se wedloop het meer as 21 000 mense ingeskryf, met die inskrywingsfooi vir Suid-Afrikaners R460, waarvan slegs 17 031 op D-dag by die wegspringpunt opgedaag het. Van dié wat weggespring het, het 13 850 die wedloop binne die maksimum afsnytyd van 12 ure voltooi – sowat 70% hiervan binne die laaste twee ure. Onder die mans was die wenner vanjaar die 33-jarige Bongmusa Mthembu van Pietermaritzburg in 'n tyd van 5:35:34 . Die vrouewenner was Camille Herron (34) van die VSA in 'n tyd van 6:27:35. Albei die wenners het die buitengewone gedoen om elkeen 'n dominerende wedloop te hardloop, d.w.s. vroeg – op sowat 30 km – die voortou te neem en die ander mededingers eenvoudig kis te hardloop. Dit is egter 'n groot waagstuk want veral in die opwedloop soos vanjaar, het al baie deelnemers wat te vinnig begin het, hulself in die tweede helfte uitgebrand. Dan was dit die rustige beginners wat verbykom en sterk eindig. Die Comrades bly 'n groot gelykmaker. Jy moet hom met respek behandel – goed voorberei sonder om dit te oordoen, uitgerus by die eindpunt opdaag, die eerste deel binne jou eie vermoë draf en sorg dat jy vir die laaste deel genoeg “petrol” het.
Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top