► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►
  • Wimbledon 2017 het op 3 Julie afgeskop te midde van groot opwinding oor wie vanjaar bo gaan uitkom in die verskillende kategorieë. Die toernooi, een van die grootste sportskouspele op aarde, eindig op 16 Julie. In die mansenkelspel is die verdedigende kampioen Andy Murray van Brittanje top-gekeur, terwyl onder die vroue Angelique Kerber (Duitsland) nr. 1 gekeur is – in die afwesigheid van die swanger verdedigende kampioen Serena Williams. Die stryde is egter wawyd oop en is Wimbledon beroemd en berug vir sy verrassings. Totale prysgeld van R518 miljoen is op die spel, terwyl intussen 28 000 kg aarbeie en 86 000 roomyse by die toernooi verorber word.
  • Tektoniese rugbyskuiwe met die Cheetahs en Kings wat hul Super-status verloor en nou by die Europese Pro 14 liga inskakel, terwyl by die Leeus Swys de Bruin as hoof afrigter oorneem by Johan Ackerman, wat ‘n afrigterspos in Engeland aanvaar het, om die vakature gelaat deur Johan Ackermann te vul. So bly Smith in Super-geselskap, waar sy mede-Springbok-hulpafrigter Brendan Venter hom by hom aansluit. Intussen neem Rassie Erasmus die leisels oor as operasionele hoof van Saru.
  • In die 104de Tour de France wat op 1 Julie in Duitsland begin het en 3 540 km later op 23 Julie in Marseille, Frankryk, eindig, is die hoop vir SA glorie op die volgende vier jaers, met hul spanne in hakies: Daryl Impey (Orica-Scott), Reinardt Janse van Rensburg (Dimension Data), Jaco Venter (Dimension Data) en Louis Meintjes (Emirates). Tot dusver figureer hulle nie in die voorste bondel nie, maar daar lê nog 'n lang trek voor.
  • Wat gaan aan met die Protea-manskrieketspan? Nadat hulle gevorder het tot bo-aan die wêreldlys, het hulle lelik gevou in die Kampioenetoernooi in Engeland, om net daarna deur die Engelse in die kortformaat in die grond gevryf te word. Nou het hulle in die meerdagreeks teen Engeland op Lords skande gemaak. Wat presies aangaan rondom AB de Villiers, Faf du Plessis en Russel Domingo met hul onderskeie kom en gaan, is nie duidelik nie. Wat wel duidelik is, is dat wat motivering betref, daar een groot lugleegte is.
Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top