► Navorsing van Solidariteit toon dat die blanke bevolking van die land van 0-14 jaar met sowat 17 000 toegeneem het en dat totale blanke bevolking sedert verlede jaar met 130 000 mense gegroei het; dus groot behoefte aan werkskepping vir blankes ► Ditsem Nuus skep opwindende digitale markplein, DitsemMarkplein, vir Afrikaanssprekende- en Afrikaner-besighede op Telegram-program vir selfone – om te besoek en in te skakel, volg hierdie skakel ► Solidariteit kondig omvattende wettige belastingprotesveldtog aan, insluitende minstens ses regsaksies, teen staatsondernemings en belastingplunderaars, sê staat kan nie belasting gebruik om te steel nie ► Met ʼn skuld van R441 miljard toon Eskom bedryfsverlies vir 2018/19 finansiële jaar van R20,7 miljard in vergelyking van R2,3 miljard in 2017/18 finansiële jaar, dus styging van 800% in verlies; munisipale skuld by Eskom styg van R13,6 miljard na R19,9 miljard ► Minister van Openbare Ondernemings Pravin Gordhan kondig aan dat huidige voorsitter van raad van Eskom Jabu Mabuza ook aangestel is as waarnemende uitvoerende hoof ► Verslag van Stats SA toon dat werkloosheidskoers in SA van 27,6% in eerste kwartaal gestyg het na 29% in tweede kwartaal, na raming 17 miljoen werkloses in Suid-Afrika; vermoede dat werklike werkloosheid minstens 60% kan wees ► Diensbetogers te Petrus-Steyn brand uit frustrasie huis van ANC burgermeester Mamiki Mokoena van Nketoana Munisipaliteit af; geen drinkwater in die dorp nie ► In Pretoria staak munisipale werkers van SAMWU met looneis van 18% verhoging, terwyl inflasiekoers ongeveer 5% is; staking gepaard met vandalisme van infrastruktuur en intimidasie van publiek – kyk hierdie videogreep ► AfriForum beraadslaag met Marloth Park Belastingbetalersvereniging ten einde vestiging van steenkoolmyn van 18 000 ha op drumpel van Kruger Nasionale wildtuin by Krokodilbrughek teen te staan ► Groot verdeeldheid in ANC oor ʼn voormalige minister Derek Hanekom met Ace Magashule en Jacob Zuma wat sê hy was “apartheidspioen”, terwyl ANC-veterane en andere hom verdedig as gerespekteerde lid van ANC ► Kyk by hierdie videogreep hoe gemeenskapslede te Burgersfort volgens sosiale media SAPD-beamptes behandel ► Volgens Parlementêre antwoord van Minister van Maatskaplike Ontwikkeling Lindiwe Zulu, is pensioentrekkers en ander begunstigdes afgelope jaar uit maatskaplike toelaes van gesamentlik meer as R21 miljoen bedrieg, terwyl staatsamptenare op bedrieglike wyse R5,4 miljoen in sak gesteek het vir onbehoorlike siekte verlof ► Gereelde georganiseerde betogings en nagwake voor SA Hoë Kommissariaat in Ottawa, Kanada, teen geweldsmisdaad in SA insluitende teen boere, asook teen etniese suiwering, rassisme en korrupsie ► Op Vrouedag 9 Augustus Antieke & Versamelaarsmark by Voortrekkersmonument, Pretoria, 09:00 tot 15:00, alle stalletjie volbespreek, toegang R30 per voertuig, geen troeteldiere ►

Bergfietsry snelgroeiende sport

Bergfietsry is vanweë die uitdaging wat die aktiwiteit bied, asook die feit dat dit deur jonk en oud beoefen kan word, 'n sport wat vinnig toeneem in gewildheid. Dit vereis krag, balans en vaardigheid om met 'n mensaangedrewe masjien allerlei hindernisse in die natuur te oorkom, veral as dit midde in 'n mededingende ren op 'n nou voetpad moet gedoen word.

Veldwedrenne is die algemeenste dissipline van bergfietswedrenne, maar kry minder dekking as bergaf-fietsrenne (downhill cycling) omdat dit sigself nie vir TV-dekking leen nie. Tog is veldwedrenne gewilder en neem meer mense daaraan deel vir ontspanning of in 'n mededingende hoedanigheid. Veldwedrenne word sedert 1996 as Olimpiese sport beoefen as die enigste vorm van bergfietsrenne wat as sulks erken word.

Die XC tipe veldwedrenne het agt formate: XCO = Olimpiese formaat / XCM = Marathonformaat / XCP = Punt-tot-Punt formaat / XCC = Kortbaanformaat / XCE = Eliminasieformaat / XCR = Aflosformaat / XCS = Skofformaat / XCT = Tydtoetsformaat. Die enigste verskil tussen die XCM en XCP formate is dat eersgenoemde by dieselfde punt begin en eindig, terwyl XCP by twee verskillende punte begin en eindig.

Die DH tipe veldwedrenne het twee formate: DHI = Afdraande individuele formaat en DHM = Afdraande massabeginformaat.

In Four Cross, wat afdraande eliminasiewedrenne vervang het, begin 4 bergfietsryers gelyktydig op 'n moeilike afdraande baan en die eerste persoon oor die wenstreep is die wenner. Hierdie formaat van veldrenne het egter nog nie werklik posgevat in Suid-Afrika nie.

Die XCM formaat is ongelooflik gewild in Suid-Afrika, terwyl die XCO formaat die gewildste is in Europa. Die rede vir die gewildheid in SA is die ruimte en sonskynweer daarvoor. Nasionale en provinsiale kampioenskappe word jaarliks gehou vir beide die XCM en XCO formate.

Terwyl daar 'n menigte kompetisies, renne en ligas vir seniors en juniors in die land is, lok bergfietsry in hoërskoolligas in Gauteng tot 350 inskrywings. Die Cape Epic bv. as die wêreld se bekendste XCS-veldwedren oor 8-dae en 700 km trek jaarliks sowat 1 200 inskrywings.

Die sport het ook al in SA sy legendes opgelewer soos bv. wyle Burry Stander, Greg Minnaar, Johann Potgieter en andere. Daarby het die sport ook al hoogs gekommersialiseer geraak wat betref tipe fietse, toerusting, prysgeld vir kompetisies, borgskappe en beroepsjaers.

Daar is natuurlik veel meer oor hierdie groeiende sport te sê, maar hierdie oogopslag is slegs om 'n idee te gee.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top