► Volgens SA in Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) toon jongste misdaadstatistiek vir SAPD tesame met vorige statistiek dat sedert 1994 in SA sowat 500 000 moorde gepleeg is en 1 miljoen verkragtings ► Prof. Rudolph Zinn van Unisa sê uit navorsing blyk dit dat van die misdadigers voer tot 107 misdrywe uit voordat hulle gearresteer word ► Solidariteit Netwerk loods nuwe Sol-Tech kampus in Pretoria teen koste van R300 miljoen, sal huidige kampus vir 1 200 studente verdubbel en sal na verwagting deure open in Januarie 2021 ► Kyk by hierdie video hoe top bevelvoerders van SA Vloot en Lugmag in Parlement getuig hoe vloot en lugmag op rand van ineenstorting is ► Vrou (55) in Oos-Vrystaat gisteraand terwyl sy gebad op ‘n plaas aangeval en verkrag, aanvaller vlug en niks gesteel nie ► Op die Economic Freedom of the World (EFW) 2019 verslag val Suid-Afrika 54 plekke na nr. 101 uit 162 lande, vanaf plek 47 in 2000 – volg hierdie skakel vir meer inligting ►Dit lyk of Britse premier Boris Johnson ‘n deurbraak met Brexit kan maak na ooreenkoms oor grensbeheer met Ierse Democratic Unionist Party (DUP) ► Voormalige Bok-afrigter Peter de Villiers sê hy gaan nie Springbokke vanjaar by Wêreldbeker ondersteun nie, omrede vroeëre betrokkenheid van Eben Etzebeth by onderonsie met twee bruin mense in Langebaan ►

Sportflitse

Bokke: Berg te klim vir Erasmus

Met sy aanstelling as nuwe afrigter van die Springbokke tot 2023 ná twee Wêreldbekertoernooie, sê Rassie Erasmus die telbord gaan die arbiter wees. Volgens hom is wen al wat tel en daarmee neem hy die verantwoordelikheid op hom om die geleidelike agteruitgang van Springbokrugby die afgelope drie jaar om te draai.

Erasmus wat as 'n tegniese ghoeroe gereken word as dit by die fyner aspekte van die spel kom, het 'n stewige afrigtingspan aangestel om hom te ondersteun. Vrae word egter gevra oor sy keuse van Mzwandile Stick as agterlynafrigter, iemand met geen erkende baanrekord nie, terwyl die transformasieteiken van 'n Springbokspan volgende jaar van 50% swart en bruin, 'n groot uitdaging stel.

Nog 'n sleutelvraag is, wie gaan hy as kaptein aanwys? Oop hierdie stadium lyk dit of die beproefde Warren Whiteley nie 'n outomatiese keuse is nie

Krieket: Aussies toets staal van Proteas
Nadat die Proteas die neus van Indië in die grond gevryf het in die onlangse meerdagreeks, maar lelik platgeval het in die kortkodes van die spel, word die Proteas nou deeglik getoets teen die Aussies as die wêreldbestes. Die eerste toets was egter rampspoedig vir die Proteas met 'n pak van ..... lopies.

Die reeks is 'n ware toets vir die hele Proteaspan – kolwers, boulers en afrigter Ottis Gibson.

Suid-Afrikaner wêreldkanokoning
Die tienmalige wêreldmarathon-kampioen in kanovaart, Hank McGregor van Pietermaritzburg, is verlede maand in Silkeborg, Denemarke, in die Wêreldroei Toekenningsakademie, die Heldesaal van kanovaart, gehuldig met 'n prys vir die Mees Uitstaande Vertoning in 2017.McGregor het verlede jaar sy negende en tiende wêreldmarathontitels verower.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top