►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Katinka Hosszú – Hongaarse superswemster

Katinka Hosszú, gebore 3 Mei 1989 in Hongarye, het met uitnemende prestasies in die swembad supersterstatus verwerf. Sy het drie Olimpiese goue medaljes verower en was nege keer wêreldkampioen in nege verskillende items.

Hosszú is die huidige wêreldrekordhouer in die 100 m individuele wisselslag, 200 m individuele wisselslag (langbaan en kortbaan), 400 m individuele wisselslag (langbaan) en 200 meter rugslag (kortbaan). Sy was die eerste swemmer (manlik of vroulik) wat terselfdertyd wêreldrekords in al vyf individuele wisselslag-items gehou het.

In 2014, 2015, 2016 en 2018 is Hosszú is aangewys as die FINA-swemmer van die jaar. In 2013 het sy SwimSwam se Swammy-toekenning vir vroulike swemmer van die jaar gewen.

Sy het aan die vier Olimpiese Somerspele deelgeneem: 2004, 2008, 2012 en 2016. Sy is een van die veelsydigste swemsters ooit in die wêreld en het heel gepas die bynaam Iron Lady gekry – iets wat sy uitgebou het tot ʼn internasionale handelsmerk. In 2014 het sy die eerste dollar-miljoenêr (man of vrou) in die geskiedenis van die swemsport geword. Volgens die tydskrif Forbes word sy beskou as die waardevolste Hongaarse atleet van die afgelope vyf jaar.

Sy berei tans voor vir die Tokio Olimpiese Spele later vanjaar en het onlangs Kaapstad besoek as deel van haar fisiese en geestelike voorbereiding – ‘n besoek wat sy sê sy van harte geniet het.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

35 opmerkings

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top