► “’n Monument van grootskaalse korrupsie” is hoe Noord-Kaapse premier dr. Zamani Saul nuwe psigiatriese hospitaal in Kimberley geopen het 13 jaar nadat konstruksie begin is @ R290 miljoen, maar nou eers voltooi is teen R2 miljard ►Appèlhof handhaaf beslissing van Noord-Gauteng hooggeregshof dat Cash Paymaster Services (CPS) R316 miljoen aan Sassa moet terugbetaal ►Transnet toon wins van R6 miljard vir finansiële jaar 2018/19; eerste staatsonderneming in baie lank tyd wat wins toon ►Plaasterreur 30 September, Malmesbury, twee aanvallers in plaashuis, huiseienaar skiet een dood ►Groot dele van die land vanaf Limpopo tot in die Wes-Kaap ondervind erge droogtetoestand met minder as 50% van die gemiddelde reënval in 2018/19 seisoen – sien by hierdie skakel hoe in Steytlerville-distrik droogte ervaar word; aan die ander kant sien by hierdie video hoe gejuig word oor goeie reën in distrik Beaufort-Wes ►Kampioen Boran stoetbul genaamd Mr. Million, gekoop vir R1 miljoen, se hakskeensenings deur veediewe op plaas by Brits afgekap, moes vankant gemaak word ►Intensiewe driedaagse-kursus oor in- en uitvoer en internasionale handel aangebied te Midrand, Kaapstad en Durban, kontak Ronell 073 291 0450 of events@norcaz.biz►

Quo vadis Proteas?

Die rampspoedige deelname van die Protea-krieketspan aan die afgelope T20 Wêreldkampioenskappe in Indië, het die kollig weer geplaas op die toekoms van SA krieket op nasionale en internasionale vlak. Daarmee het die Proteas aansienlik teruggesak op die wêreldranglyste nadat hulle in die voorafgaande 12 maande ook in die eendag- en meerdaagse kodes van die spel bloedneus gekry het.

Waar lê die fout? Daar word tans beskik oor briljante spelers wat individueel van die beste in die wêreld is, soos AB de Viliers, Hashim Amla, Faf du Plessis, Dale Steyn, ens., maar in spanverband word telkens teen spanne soos Australië, Engeland, Indië en in die jongste tyd ook Wes-Indië in die hek geduik.

In antwoord op vrae soos hierdie kan die oë maar net gedraai word na die afrigting en bestuur van die Proteas. Russel Domingo as hoofafrigter het geen rekord van uitnemendheid as òf speler in sy jonger dae, of as afrigter op eersterangse vlak nie. As hoofafrigter van die Proteas skitter hy in sy afwesigheid om sinvolle kommentaar te lewer tydens die wel en weë van die span.

Heyneke Meyer moes sy goed vat en loop as afrigter van die Springbokke omdat hy nie die eerste prys huis toe kon bring nie, maar Domingo word verdra ondanks die en laagtepunt na die ander. Is dit sy velkleur wat die verskil maak?

Hoekom het die hoogs suksesvolle Gary Kirsten as afrigter van die Proteas destyds skielik en ontydig bedank? Hoekom het Allan Donald as boulafrigter van die Proteas bedank? Sy opvolger Charl Langeveldt kom duidelik nie die mas op nie, andersins sou die Proteas nie die afgelope 12 maande ver meer as 100 kritieke ekstras afgestaan het nie.

Hoekom weier Graeme Smith om by die afrigting van die Proteas betrokke te raak?

Dit is vrae soos hierdie wat die vraag te berde bring: Quo vadis, Proteas?

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top