×

Waarskuwing

JUser: :_load: Kan nie gebruiker laai met id: 68

Print this page

Spesialis hardloopwinkel

Runners Emporium as winkel wat spesialiseer in skoene, kleredrag en toerusting vir die verskillende vorme van die hardloopsport - padwedloop, landloop en terreinwedlope - het pas in die Pretty Gardens Leefstylsentrum geopen. Al die beproefde handelsmerke soos New Balance, Asics, Brooks, Saucony, Salomon, Mizuno, Adidas, ens, word aangebied. Wat Runners Emporium egter uniek maak, is dat die eienaar, Claus Kempen, ‘n deurwinterde pad- en terreinwedloper is, terwyl die bestuurder van die winkel die bekende afrigter en oud-atleet, Rufus Botha, is. Dit beteken dat by die winkel eerstehandse en die beste advies is; nie net m.b.t skoene en ander toerusting nie, maar ook wat betref oefenprogramme, wedloopbeplanning, voeding, ens. Claus het die Comrades al 11 keer en die Twee Oseane 10 keer suksesvol voltooi, wat beteken hy het sy permanente nommers in albei hierdie die wêreldbekende ultramarathons verwerf. Daarby het hy talle standaardmarathons (42,2 km) en van die veeleisendste rowwe terreinwedlope (“trail runs”) in die land op sy kerfstok. Die resumé van Rufus is ewe indrukwekkend – hy het reeds op ouderdom 4 jaar sy eerste landloop gehardloop en in 1969 was hy die jongste atleet (7 jaar) wat die moordende Harrismith Bergwedloop (15 km) voltooi het. Hy het verskeie wêreldrekords in verskillende ouderdomsgroepe opgestel. In 1987 het hy begin om langasems af te rig en het tot dusver 27 atlete (multisportsoorte ingesluit) gebrei wat Suid-Afrika op internasionale vlak verteenwoordig het. Een hiervan is Louzanne Coetzee wat onlangs die eerste volkome blinde vroue-atleet in die wêreld geword het om die 5 000 m in onder 20 minute afte lê. Sy het met haar gids Khothatso Mokone die vorige wêreldrekord, wat 16 jaar gelede opgestel is, met bykans 50 sekondes verpletter. Louzanne tree as “ambassadeur” vir Runners Emporium op. Runners Emporium is dus nie net n spesialis hardloop winkel met die produkte wat aangebied word nie, maar ook wat betref uitsonderlike diens en advies. Ten slotte sê Claus en Rufus die pryse van Runners Emporium is uiters mededingend. Hulle nooi ook alle bestaande en voornemende hardlopers uit om die winkel te besoek en met hulle te gesels.
Gradeer die artikel
(0 stemme)