►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Te midde van baie pessimisme oor Suid-Afrika en die stroom emigrante na die buiteland, kom die woorde van Springbokstut en mediese dokter Jannie du Plessis wat pas ná jare in Frankryk teruggekeer het om vir die Leeus in Gauteng te speel, soos ‘n vars bries:

“Net om weer in die son te kan oefen en speel is wonderlik. Ja, ek weet daar is dinge soos beurtkrag en nat steenkool, maar ek voel dit is my nat steenkool en my land waar dit gebeur. Daarom pla my dit ook glad nie as al die robotte van hier tot by die huis nie werk nie.

“Ek is weer terug in my land en kan my taal praat. Europa is wonderlik, maar Suid-Afrika is waar my hart is.”

Die oorheersende gedagte en emosie wat by ons opkom aan die begin van 2020 is dat die jaar tyd is vir die Afrikaner om as volk te konsolideer en op te staan vir hul reg van selfbeskikking. Na ons beskeie mening is al hoe Afrikaners in die hoogsbedreigde omstandighede waarin hul tans verkeer, gaan oorleef en voortbestaan, is om by mekaar te kom en saam te staan.

Ons weet dit is ʼn mondvol, maar in die woorde van toenmalige Amerikaanse president Teddy Roosevelt: “If we don’t hang together, we will all hang separately”. Dit is die lank en die kort van die storie – uitdruklik bygesê geldend vir alle regsinnige nasionalistiese Afrikaners – hulle vir wie volkskap nog belangrik is. Dit is ook in ooreenstemming met wat dr. DF Malan in 1949 met die inwyding van die Voortrekkermonument gesê het: “Bring bymekaar wat bymekaar hoort”.

Die leierskap wat die Afrikaner nodig het, is uitdruklik nie om onbepaald vir die Afrikaner in die huidige Suid-Afrikaanse opset met die korrupte ANC-dominansie ʼn plek te beding nie, maar stapsgewys die Afrikaner te lei na eie volhoubare grondgebied en die vestiging van ʼn nuwe eie staatstruktuur op die weg na staatkundige onafhanklike, ekonomiese selfstandigheid en vryheid.

Dit is weereens ʼn mondvol, maar as dit nie die strewe van die regsinnige Afrikaner aan 2020 is nie, in geloof in God-Drieënig, dan dink ons dit kan ikabod vir die Afrikaner wees. Indien egter gekyk word na die rekordgetalle opkoms by die Geloftevieringe op 16 Desember 2019 en in besonder die duisende wat by die Voortrekkermonument hartroerend Die Stem gesing het, dan glo ons daar is werklik hoop.

Die vraag is, gaan ons vanjaar begin om hierdie siening en oproep ʼn werklikheid te maak? Mag hierdie tog ʼn vonk daartoe wees!

WERKSGELEENTHEID NOU BESKIKBAAR

Beskik jy tans oor verblyfsreg , is jy opsoek na ʼn nuwe werksgeleentheid of uitdaging in die konstruksie bedryf .

Glasmeester aluminium en glas het tans ʼn pos beskikbaar vir ʼn bekwame persoon wat sal verantwoordelik wees vir opmeting en installasie van ons wye reeks produkte en dienste . Asook ander verpligtinge wat met tyd sal bepaal word .

ʼn Geldige rybewys is ʼn verpligting , en indien jy reeds ondervinding het in die bedryf sal dit in jou guns tel. Opleiding sal wel verskaf word .

Ons het reeds al verskeie projekte afgehandel en daar is ʼn klomp in die pyplyn , en is dus genoodsaak om nog ʼn paar hande by te kry .

Indien jy belangstel bring jou CV na ons winkel by die groot wit store oorkant die Stoortjie of epos hom vir my na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

My kontaknommer is 061 520 8819

1.jpg 2.jpg

CHRIS LINDEQUE , TAKBESTUURDER , GLASMEESTER ORANIA , TE AANDEELBLOK 17 , NYWERHEIDGEBIED , OORKANT DIE STOORKIE , BESIGHEIDSURE IS VANAF 7:00 TOT 17:00

Eskom strompel voort met beurtkrag op kort kennisgewing en verskaf allerlei redes daarvoor. Intussen blyk dit dat korrupsie by die kragvoorsiener op megaskaal steeds aan die orde van die dag is. Die werklike feite omtrent Eskom blyk uit verklarings van energiekenners soos Chris Yelland en Ted Blom asook van prof Christo Viljoen wie se artikel hieronder gelees kan word.

As daar één persoon in hierdie land is wat Eskom vestaan, is dit Prof Christo Viljoen (lees die voetnota hieronder*).  In hierdie artikel, uit vandag se Die Burger, bied hy 'n kristalhelder disseksie van waarom die eens magtige en trotse instelling nou tot grint verniel is.

Pres Cyril Ramaphosa, wat reeds in 2015 belowe het hy gaan Eskom regruk, moet ook pa taan vir die krisis by die Elektrisiteitsverskaffer

Dit is verstommend hoe suksesvol die ANC-regering is om telkens aandagafleiers te benut om die fokus weg te lei van die werklike probleme by Eskom en die voortdurende kragonderbrekings.

In 2006, net voor die eerste instelling van beurtkrag, kondig min. Alec Erwin aan dat saboteurs ’n bout in ’n opwekker by die Koeberg-kernkragstasie geplaas het. Ná deeglike ondersoek deur die polisie is daar 13 jaar later nog geen “saboteur” geïdentifiseer nie. Niemand is ook nog in hegtenis geneem nie.

Sopas, nadat hy teruggekeer het van sy kitsbesoek aan Egipte (net voordat fase 6 beurtkrag vir die eerste keer toegepas is), kondig pres. Cyril Ramaphosa aan dat “sabotasie” by die Tutuka-kragstasie tot die verlies van 2 GW opwek-vermoë gelei het.

Dit werk. Die ware oorsake van Eskom se onbeholpenheid word geïgnoreer. Koerantopskrifte fokus op die “sabotasie” as hoofoorsaak van fase 6 beurtkrag.

Eskom beskik tans oor ’n totale geïnstalleerde opwekvermoë van 45 GW, maar is meermale nie in staat om te voorsien in die spitsaanvraag van 27 GW nie – 18 GW se vermoë het verlore gegaan. Dit beteken dat Eskom slegs 60% van die geïnstalleerde vermoë kan lewer, pleks van die internasionale norm van 85%. Daarvan is die verlies van 2 GW by Tutuka slegs ’n fraksie, naamlik 4,4% van die geïnstalleerde opwekvermoë en kon dit nie die hoofoorsaak wees vir fase 6 beurtkrag nie. (Toegegee, Ramaphosa het genoem dat dié verlies ’n bydraende faktor tot kragonderbreking was).

Sedertdien word fase 4-beurtkrag toegepas. Dit beteken dat 4 GW se gebruikers telkens ontkoppel moet word om te verhoed dat die netwerk ineenstort.

Geeneen van die twee nuwe kragstasies, Kusile en Medupi, is ten volle operasioneel of voltooi nie. Elkeen sal beskik oor 6 opwekkers met ’n totale opwekvermoë van 4,8 GW.
Konstruksie by Medupi het in 2007 begin en sou teen 2015 voltooi gewees het – die verwagte voltooiïngsdatum is nou 2020. Konstruksie by Kusile het in 2008 begin en sou teen 2018 voltooi gewees het – die verwagte voltooiȉngsdatum is nou 2022.

As net één van dié twee projekte met ’n opwekvermoë van 4,8 GW elk,betyds voltooi was, was geen beurtkrag nodig nie.

Eskom het teen 1994 op een na die goedkoopste elektrisiteit ter wêreld gelewer met ’n surplusvermoë van 25% (net Kanada, met sy vele hidroëlektriese kragstasies, se elektrisiteit was goedkoper). Volgens die Big Mac-wisselkoersindeks, is Eskom se elektrisiteit tans reeds die duurste ter wêreld, en vra Eskom vir ’n verdere verhoging van 16%.

Eskom se agteruitgang is die resultaat van ‘n kwarteeu van kumulerende bydraende faktore.
Dit is nie net dat Medupi en Kusile nog nie voltooi is jare ná die oorspronklike amptelike voltooiingsdatums nie. Albei gaan ook mank aan ernstige ontwerps- en konstruksiegebreke, wat verhinder dat die eenhede volkrag kan lewer.

Eskom se bestuurs- en bedryfsvermoëns is in die afgelope 25 jaar drasties uitgekalwe. Dit het reeds in 1996 begin toe Eskom beurse vir wit ingenieurstudente gestaak het. Die stroompie swart gegradueerde ingenieurs wat sedertdien by Eskom aangesluit het, se verblyf daar was meestal kortstondig.

Eskom het die gebruik dat elke kragstasie deur ’n professionele ingenieur bestuur moes word, afgeskaf en die professionele ingenieurs, tegnoloë en tegnici as gelykwaardig verklaar. Reeds in 1998 is beraam dat Eskom ’n duisend nuwe gegradueerde ingenieurs per jaar benodig; tans is daar steeds ’n netto uitvloei van professionele ingenieurs. Die nodige tegnologiese vaardighede ontbreek grootliks.
Reeds in 2006 het Eskom daarmee gespog dat sy personeelkorps die “mees getransformeerde” in Suid-Afrika is, danksy grootskaalse kaderontplooiing in senior bestuursposte met onbekwame lojaliste wat min van tegnologie- of sakebestuur weet. Een vorige HUB was vroeër ‘n joernalis, sonder enige bestuurservaring hoegenaamd.

Politieke inmenging het reeds in die middel van die 1990’s by Eskom begin: in 1998 plaas die kabinet ’n moratorium op Eskom vir die bou van nuwe kragstasies, in die hoop dat die private sektor sou toetree om dit te doen. Dit het die uittog van professionele personeel verhaas, maar geen private kragstasie is gebou nie. Toe dié verbod teen 2004 opgehef is, was die meeste professionele personeel reeds weg en is ’n ernstige tekort aan personeel vir langtermyn- tegnologiese beplanning ondervind.

Politieke inmenging duur lustig voort: Pravin Gordhan het ’n verbod op Eskom geplaas om sy personeel met ’n broodnodige derde te verminder, ten spyte daarvan dat Eskom nie ’n wins maak nie en sy personeelgetalle in die dekade sedert 2008 van 35 000 na 48 000 toegeneem het, terwyl sy elektrisiteitsverkope in dieselfde tyd van 224 TWh na 212 TWh afgeneem het.

Eskom erken onlangs self dat voorkomende instandhouding die afgelope dekade agterweë gelaat is, sodat die verouderde kragstasies (die meeste is verby hul ekonomiese en tegnologiese leeftyd) se eenhede onbetroubaar is. Breek ’n eenheid, is onderdele meestal onbekombaar en moet dit vervaardig word, met lang vertragings.

In die verwagting dat Medupi teen 2015 en Kusile teen 2018 ten volle voltooi sou wees, is van die ou onekonomiese kragstasies afgeskakel en 11 opwekkers is aan diens onttrek by die Hendrina-, Grootvlei- en Komati-kragstasies.
Omdat Medupi en Kusile onvoltooid is en albei, net soos van die ouer steenkoolkragsentrales, ten beste teen 40% van vermoë funksioneer, is die veilige marge tussen die beskikbare opwekvermoë en spitsverbruik te klein.
Eskom se ingenieurs het reeds in 1998 voorspel dat Suid-Afrika teen 2008 nie oor genoeg opwekvermoë sal beskik veral om die uitgediende steenkoolkragstasies mettertyd te vervangnie. (Die voorspelling het waar geblyk te wees toe beurtkrag in November 2007 ingestel is.) Dit sou ’n toename van gemiddeld 1,2 GW/jaar in opwekvermoë vir die daaropvolgende 20 jaar vereis.

Dit beteken dat een Koeberg elke twee jaar of een steenkoolkragstasie van gemiddelde grootte elke drie jaar gebou moet word. Geen nuwe kragstasie is sedertdien suksesvol voltooi nie.

Ook staatskaping het bygedra tot Eskom se smarte, onder meer met steenkoolkontrakte met SEB-vennote wat steenkool van swak gehalte teen buitensporige pryse lewer.
Gert Opperman, bestuurder van die steenkoolverskaffingseenheid by Eskom, het byvoorbeeld in Maart voor die Zondo-kommissie getuig dat langtermynkontrakte onder dwang geteken is met die Brakfontein-steenkoolmyn vir ondergraadse steenkool. Die kontrak van R2,9 miljard was 77,4% duurder as die vorige kontrakprys.

Die ekonoom Mike Schüssler het bereken dat die prys wat Eskom vir steenkool betaal sedert 2007, met 385% toegeneem het teenoor die internasionale toename (in randwaarde) van 127%.

Die gebruik van diesel by Eskom se oopsiklus-gasturbines by Ankerlig (Atlantis) en Gourikwa (Mosselbaai) tydens beurtkragtye is uiters duur, met ’n beraamde opwekkoste van sowat R3 per kWh (vergeleke met Eskom se groothandelverkoopprys van 90c/kWh). Dit het Eskom se kontantvloeiprobleme vererger weens die enorme hoeveelhede diesel wat gekoop moet word (teen ’n verbruikstempo van 12 liter per sekonde en ’n koste van R192 per sekonde). Soms het albei eenhede stilgestaan weens ’n tekort aan diesel.

Eskom se probleme is velerlei en die krisis is die akkumulatiewe gevolg van swak bestuur en swak politieke besluite oor dekades heen.
Daarvoor moet pres. Cyril Ramaphosa persoonlik medeverantwoordelikheid aanvaar: Hy is in 2014 deur oudpres. Jacob Zuma aangestel om Eskom, die SAL en Poskantoor “om te keer”.

Ramaphosa stig dadelik ’n “oorlogskamer” en belowe in Februarie 2015 in die parlement: “Oor twee jaar sal julle die drie ondernemings nie herken nie.” Hy herhaal die belofte voor die Raad van Provinsies in September 2015: “Oor 18 maande tot twee jaar sal julle vergeet het van die uitdagings wat ons gehad het in verband met krag en energie en Eskom, en dat dit ooit gebeur het.”

Met ’n leningskuld van R460 miljard kan Eskom steeds nie ’n wins maak om rente en delging van die lenings diens nie. Ironies ook dat die brose Eskom tans moet rugsteun op ou kragstasies uit die bedeling van voor 1994.

* Christo Viljoen is ‘n afgetrede ingenieur en akademikus, en voormalige lid van die Elektrisiteitsraad (tans die Eskom direksie) sowel as die Elektrisiteitbeheerraad (die Nasionale Energiereugleerder, tans bekend as Nersa).

Die verspreider van Ditsem Nuus in Bloemfontein die afgelope vyf jaar, mnr. Jaap Hattingh (74), is op 29 Oktober 2019 skielik ná ʼn kort siekbed van enkele dae aan kanker oorlede. ‘n Entrepreneur in hart en siel, het Hattingh verskeie besighede suksesvol geïnisieer en van hulle bedryf tot en met sy afsterwe.

In sy laaste jare woonagtig in Westerbloem, sal hy onthou word vir sy integriteit en gemoedelike geaardheid. Hy word oorleef deur sy vrou Marie en 'n seun en dogter.

Ditsem Nuus salueer ‘n gewaardeerde kollega.

Tans in Orania oorskry die vraag na residensiële akkommodasie die aanbod by verre, terwyl 'n nypende tekort aan sakepersele ondervind word. Met talle nuwe intrekkers per maand in Orania en 'n nog groter getal wat na Orania wil trek, maar nog nie hul verblyf- en trekreëlings gefinaliseer het nie, is beskikbare akkommodasie om verskeie redes 'n probleem.

Hoewel daar tans sowat 20 individuele bouprojekte te Orania aan die gang is, is dit relatief kleinskaal in omvang en is aansienlike versnelling en uitbreiding van die boubedryf ooglopend noodsaaklik. Nuwe intrekkers en entrepreneurs met wie Ditsem Nuus gepraat het, voel dat veel meer en groter private ontwikkelingsprojekte van stapel gestuur behoort te word, dat in die proses innoverende omgewingspraktyke ingevoer behoort te word, dat veral in die groot vraag na bekostigbare middelklasbehuising met eie tuin voorsien moet word. Terselfdertyd word gemeen dat die kleinsakesektor gestimuleer behoort te word deur beskikbaarstelling van moderne bekostigbare sakepersele, hetsy te huur of te koop.

In ‘n neutedop, wat sê mens oor die 2019 sportjaar in SA? Kyk, van die WB Rugbybeker en dié Springbokke is deur baie ‘n afgod gemaak, maar dit neem nie weg dat hierdie prestasie van die Springbokke dié hoogtepunt was op die SA sporttoneel vanjaar. Wat dit des te meer merkwaardig maak, is die kliniese, goedbeplande en professionele wyse waarop die Bokke o.l.v.afrigter Rassie Erasmus dit gedoen het.

Hulle het hul teenstanders eenvoudig uitoorlê en die toernooi van begin tot einde gedomineer, voordat hulle Engeland in die eindstryd behoorlik afgeransel het.Wat ook uitstaande in hierdie verband was, is dat Pieter-Steph du Toit aangewys is as die Wêreld Rugbyspeler van die Jaar.

Tweede in die ry van top SA prestasies, was die Protea netbalspan, wat in die Wêreldbeker Netbal vroeër vanjaar vierde geëindig het – die beste ooit in hierdie gleuf en met Karla Pretorius aangewys as Beste Speler van die Toernooi. Pretorius is ook deur Netball Scoop aangewys as die Wêreldspeler van die Jaar.

Die SA Sportster (mans en vroue) van die Jaar is die 22-jarige swemster Tatjana Schoenmaker, met ‘n string goue en silwermedaljes in wêreldkampioenskapitems vanjaar. Sy is ook aangewys as SA Sportvrou van 2019.

Daar was natuurlik ander uitnemende prestasies deur Suid-Afrikaners op die sporttoneel, maar rumte ontbreek hier. Aan die negatiewe kant bly raskwotas in sowel verteenwoordigende spanne as in die administratiewe kader die groot Achilleshiel van sport in SA.

Vluytjeskraal-Noord (VKN) is ‘n plaas groot 288 ha aangrensend aan Orania dorp en wat reeds in 2011deur Oraniërs (nie die Orania Dorpsraad nie) aangekoop is. Ná ‘n aansoekproses om hersonering vir gedeeltelike erfontwikkeling vir jare by staatsdepartemente gesloer het, is die nodige wetlike goedkeuring onlangs gegee vir ontwikkeling.

VKN word nou ontwikkeling as ‘n eko-landgoed, wat bestaan uit deels landbouverbouing en deels ‘n totaal van 73 erwe. Op die foto bouwerk aan woonhuise op van die erwe in volle swang.

Foto: Ditsem Nuus

Met die Suid-Afrikaanse staat gekaap en op elke terrein ongelooflik vervalle, vra ons onwillekeurig: Hoe lank - :

  • gaan Afrikaners toelaat dat hulle verder deur 'n reeks drakoniese wette in 'n Kommunistiese “straight jacket” ingedruk word met verlies aan basiese menseregte?
  • gaan spesifiek Afrikaners nog stilswyend toekyk hoe gruwelik teen hulle in hul geboorteland bloot op grond hul blanke velkleur gediskrimineer word?
  • gaan blankes nog belasting betaal aan 'n korrupte regering, wat die geld grootliks aanwend om hulle te ondergrawe?
  • gaan blanke SA burgers toekyk hoe 'n regering hul belastinggeld nie aanwend om die eerste plig van owerheid teenoor onderdaan na te kom nie, nl. die beskerming van hul lewe en goed?
  • gaan blanke burgers toelaat dat die regering hul belastinggeld gebruik om hul eiendom te konfiskeer sonder vergoeding?
  • gaan Afrikaners handegevou toekyk hoe die ANC-bewind hul kultuurerfenis van 367 jaar vertrap totdat dit moontlik onherstelbaar vernietig is?
  • gaan Afrikaners nog wetsgehoorsaam wees aan 'n bewind wie se lede van die grootste kriminele in die geskiedenis van die land is en nie eens aangekla word nie?
  • gaan Afrikaners toelaat dat hulle geboelie word deur 'n numeriese meerderheid met feitlik geen konstruktiewe baanrekord nie?

Ons vra: Wie uit Afrikaner-geledere gaan opstaan, dinge polities-inkorrek by die naam noem en inisiatief neem vir effektiewe praktiese maar wettige optrede teen 'n verotte staatsbestel?

Met dat dit met Suid-Afrika as land so sleg gaan soos nooit in die geskiedenis, is so baie mense in die land desperaat vir goeie nuus en dit is presies wat die Springbokke vir hulle in die afgelope Rugby WB gebring het. Dit gaan nie soseer oor die wen nie, maar die kliniese en professionele wyse waarop die Bokke met Rassie Erasmus as argitek dit gedoen het.

Die strategie van Erasmus in opbou tot en tydens die toernooi was meesterlik en het hy uiteindelik met ʼn baie fikse span die teenstanders op die hoogste vlak op ʼn streep uitoorlê. Ons kon nie help om saam te juig toe die twee anderskleurige vleuels die veldtog van die Springbokke skitterend afgerond het nie.

Op tuisbodem het die sege van die Bokke mense oor alle volks-, rasse- en klassegrense verstommend verenig, maar dit is ongelukkig so dat sake tans oordryf word tot ʼn punt waartoe van rugby en spesifiek die goue wêreldbeker ʼn afgod gemaak word. Daar is groot waardering vir die getuienis van sommige soos die kaptein Siya Kolisi dat dit alles die genade van die Here is, maar ʼn groot deel van die massa gaan, meesal uit onkunde, oorboord en maak van die situasie afgodediens.

Die grootste sondebok in die situasie is egter die liberale media en spesifiek ook die hoofstroom Afrikaanse media, wat die aangeleentheid tot histeriese proporsies opblaas. Vir hulle is dit ʼn geleentheid om te probeer wys dat die kunsmatige mengelmoes van Suid-Afrika, wat andersins klaaglik misluk het, tog kan werk.

Ironies is dit dat tydens die WB toernooi en in die afloop in die o.a. die volgende plaasgevind het:

  • Terreuraanval by Marloth Park langs Kruger Wildtuin, Nederlandse vrou Alberta van der Meer (74) en Belgiese man Koen Colliers (53) in aanval deur vyf swart mans wreed vermoor deur versmoring met lappe en chemiese middel in hul monde geprop.
  • Rina Spangenberg (86), weerlose bejaarde weduwee van Warrenton in haar huis oorval, verkrag en doodgeslaan.
  • Anton Pitout (42) by Normandien, Newcastle, deur bende swart aanvallers oorval en met knopkieries en ander voorwerpe byna doodgeslaan, maar oorleef.
  • Graaff-Reinet, lyk van Julian Lukas (63) in kombers buite haar huis gevind.
  • Wesley Sweetnam (30), sakeman en landloopatleet van Noordhoek, Kaapstad, tydens rooftog in sy huis doodgeskiet.
  • Plaasaanval te Zandfontein, Brits, Noordwes, gewapende aanvallers vergiftig honde, sny bande van voertuig stukkend en rand huisbewoners aan.
  • Plaasaanval by Middelburg, Mpumalanga, egpaar oorval deur onbekende aantal aanvallers, aangerand voertuig en huissleutels geroof.
  • Plaasaanval by Bultfontein, Gauteng, twee gewapende aanvallers op kleinhoewe, een werker aangerand en ander een verkrag.
  • Plaasaanval by Stella, Noordwes, slagoffers oorval deur onbekende getal aanvallers, voertuig en vuurwapens geroof, maar teruggevind in opvolgoperasie.

Dit is ‘n geweldige uitdaging om te midde van hierdie aardskuddende gebeure en botsende emosies Christelik nugter en ewewigtig te bly.

Suid-Afrikaanse krieket was waarskynlik nog nooit so verneder soos wat tans in Indië in die meerdaagse toetsreeks gebeur nie. Die eerste toets is verloor met 203 lopies, die tweede met ʼn beurt en 137 lopies en die derde ook met ʼn beurt en 202 lopies. In die eerste toets het Indië verklaar op 502/7 en 323/4, in die tweede op 601/5 en in die derde toets op 497/9.

Dit beteken dat Indië in die drie toetse in totaal slegs 25 paaltjies verloor het om die massiewe totale aantal van 1 923 lopies op te stapel. Daarenteen het die Proteas 60 paaltjies verloor en kan daarvoor slegs 1 381 lopies wys.

Die rede vir hierdie debakel moet uit en uit voor kwotas en rassediskriminasie gelê word. Krieket SA lê streng kwotas vir anderskleurige spelers neer vir alle spanne vanaf laerskoolvlak tot en met die nasionale spanne en dit al vir jare. Die gevolg is dat meriete by die deur uitgegooi word en sodoende word die gehalte van krieket in die land dwarsdeur alle vlakke verswak.

Voormalige Protea snelbouler en deesdae TV kommentator Fanie de Villiers sê dan ook tereg dat gebrekkige plaaslike reeks regstreeks verantwoordelik is vir die huidige SA krieket skandes in Indië. Hy sê dat spelers in die plaaslike reekse kry nie die tipe kompetisie wat hulle op internasionale vlak teëkom nie, terwyl die beste gehalte spelers ook nie altyd deurkom nie.

Meer spesifiek moet die skuld vir die debakel in Indië gelê word voor die persoonlik deur van die uitvoerende hoof van SA Krieket, Thabang Moroe, wat net voor die Indiese toer nie net die redelik-suksesvolle afrigter tesame met ervare oud-Protea-spelers as hulpafrigters en konsultante in die pad gesteek het en die ongehoorde stap geneem het om regstreekse beheer te neem oor die kies van die nasionale span en die afrigting daarvan. In die proses het hy die 36-jarige Enoch Nkwe, met geen eersterangse speelervaring en weinig ervaring as afrigter, aan te stel as waarnemende afrigter.

Intussen blyk dit dat daar verskeie uitstaande SA boulers en kolwers is wat elders presteer, maar wat voorheen nie die nasionale span gehaal het weens kwotavereistes nie, soos die snelbouler Kyle Abbott wat pas vir sy Engelse graafskapspan Hampshire die verstommende wedstrydsyfers van 17/86 behaal het. ʼn Uitstekende kolwer wat ook die pad gevat het na groener weivelde is Rilee Rossouw, om maar een te noem.

Die vernedering van die Proteas word selfs elders in die buiteland gevoel waar Engelse en Australiese oud-spelers opmerk dat dit nie in belang van internasionale krieket is dat Suid-Afrikaanse krieket só agteruitgaan nie.

Op die foto die 42-jarige Bloemfonteiner, Gerhard Coertzen, wat op die jaarlikse President Skietkompetisie gehou by die Meerkatgat Skietbaan naby Soutpan, met ‘n fenomenale voltelling van kolskote met die eerste prys weggestap het. Dit het hy dit gedoen met die ongelooflike telling van 720.17 uit 720.24, wat neerkom op 17 V-kolle.

Hy het die prestasie behaal uit 150 topskuts van oor die land heen. Coertzen is van beroep ‘n tegnikus by Centlec van die Mangaung Metro.

Volgens betroubare syfers op die Internet was daar in 1994 bykans 2 200 openbare enkelmedium Afrikaanse skole in die land, wat met sowat 50% geval het na 1 279 in 2017 en na 1 126 huidig. Wat betref dubbelmedium openbare skole in Afrikaans en Engels in die land, is daar tans 1 112 - dus in totaal 2 238 skole wat onderrig in Afrikaans gee.

Dit toon die kommerwekkende kreeftegang van Afrikaanse skole in die land – eens vanselfsprekend maar vandag ‘n luukse. Word gekyk na bv. die huidige strategie van die omstrede Gauteng Dept. van Onderwys, dan is dit duidelik dat Afrikaansmedium skole in die land onder beleg is.

Insiggewend wat die Engelse al oor die Afrikaner oftewel die Boere gesê het – die volgende is selfverduidelikend:

Britse geskiedkundige James Anthony Fraude oor die Voortrekkers:

Their adventures and exploits form one of the most singular chapters of modern history, and deserve a clearer record than has yet been given to them.

Sir Arthur Conan Doyle, Britse skrywer en skepper van o.m. Sherlock Holmes:

Take a community of Dutchman of the type of those who defended themselves for fifty years against all the power of Spain at a time when Spain was the greatest power in the world.
Intermix with them a strain of those inflexible French Huguenots, who gave up their name and left their country forever at the time of the revocation of the Edict of Nantes.

 

The product must obviously be one of the most rugged, virile, unconquerable races ever seen upon the face of the earth.

 

Take these formidable people and train them for seven generations in constant warfare against savage men and ferocious beasts, in circumstances in which no weakling could survive; place them so that they acquire skill with weapons and in horsemanship, give them a country which is immanently suited to the tactics of the huntsman, the marksman and the rider.


Then, finally, put a fine temper upon their military qualities by a dour fatalistic Old Testament religion and an ardent and consuming patriotism.


Combine all these qualities and all these impulses in one individual and you have the modern Boer.

Amerikaanse genl. George Patton, ná die Tweede Wêreldoorlog:

The Americans fight for a free world.

The English mostly for honor glory and medals.

The French and Canadians decide too late that they have to participate.

The Italians are too scared to fight.

The Russians have no choice.

The Germans for the Fatherland.

The Boers? Those sons of bitches fight for the hell of it!

Britse veldmaarskalk Bernard Montgomery ook na afloop van WO II:

Give me 20 divisions of American soldiers and I will beach Europe.

Give me 15 consisting of Englishmen, and I will advance to the borders of Berlin.

Give me two divisions of those marvellous fighting Boers and I will remove Germany from the face of the earth.

Engelsprekende in omstreeks 1994 in The Citizen in ‘n ope brief:

I have to ask why you as Afrikaners are throwing it all away? Why, after 350 years of struggle, are you giving way so meekly, so weakly?

You who fought for your rights against my British forebears, who put up such a show of strength and skill that it took the might of the British Empire at its peak to crush you, who forced the British to use the cruellest methods of total war in order to win.

You, who fought innumerable battles against African tribes, who rebelled in 1914, who fought alongside the British in the Second World War, and who displayed such courage in Korea, are you now going to give it all away?

Now, when the Cold War is over and international pressures upon the country would have faded anyway.

I do not understand you, my friends.

Surely you are not now going to give it up to the Heart of Darkness?

Whenever I drive the long drive, across hard hot plains and over range upon range of bare mountains, every place with its name to commemorate some event or person or characteristic of years gone by, I conjure up the trekboere, and all the rest of your ancestors. They fought for this land and they came to know and have names for it every plant and creature. They were not people to give in with a whimper.

But you, my friends, what is happening to you? It would be bad enough to be overcome by some superior culture, but to give way to necklacers, to kidnappers of children, to murderers of old women; to people who have contributed nothing to the world but only tear down what others have created; who understand nothing and care nothing for this land, who would find it hard to identify a Cape canary let alone a southern right whale or a roseate tern.

How can you do this?

How can you look at your history and then trust your destiny to small men like Meyer, puny negotiators who are not a match for the likes of a sharp used car salesman negotiator like Ramaphosa?

Do you really love your country? Please, before it is too late; make your weight felt. This is something serious. Civilisation is at stake here.

Already, the lights are going out in places where the Africans are taking over. (Just try living at Hillbrow as I do, Helen Suzman, and you would think it was so goddam lovely).

Was it all for nothing? The flight from France, fighting the East, India Company, crossing the Karoo, Graaff-Reinet, Slagter’s Nek, Blood River, Magersfontein, Ceylon, St. Helena, the Western Desert – all for nothing?

Vanweë die tradisionele agtergrond van onderwys in Suid-Afrika, met vroeëre kenmerke soos betroubare skole, Christelike uitgangspunt, leerplanne vanuit eie kultuur, moedertaalonderrig, ouerbeheerde skooladministrasie en veilige skoolterreine, was onderwys nie anders gesien as skoolgebaseerde onderwys nie. Die afgelope 28 jaar met die nuwe staatkundige bedeling het fundamentele verskuiwings ook die onderwysopset radikale veranderinge laat ondergaan.

Dit geld veral Afrikaner-eie onderwys deur medium Afrikaans wat algaande verskraal word, die Christelike benadering wat vervang word deur sekularisme, lyfstraf wat gekriminaliseer is, die Afrikaner-geskiedenisleerplan óf erg verdraai of uitgefaseer, ens. Daarby bevind die minderheid blanke skoliere hulself dikwels te midde van oorwiggetalle swart en bruin skoliere met bepaalde lewensstandaarde, terwyl talle skoolterreine tonele van geweldpleging en dwelms geword.

Dit is waarom gekyk word na ander opsies waar kinders onderwys kan ontvang in 'n kultuurvriendelike milieu, steeds op hoë akademiese standaard, met goeie buitemuurse en sportgeleenthede en in ʼn veilige fisiese omgewing. Die gevolg is dat tuisskoling, wat reeds in 1996 met die aanvaarding van die nuwe Skolewet gewettig is, ʼn wesentlike opsie geword het.

Dit het daartoe gelei dat die aantal kinders in SA wat tuisonderrig word, skerp toegeneem het en tans staan op sowat 32 500, maar steeds slegs 0,2 % van die totale aantal leerders in SA op skool uitmaak. Hierdie syfers wissel van provinsie tot provinsie, terwyl die neiging is dat dit onder blankes hoër is as by ander bevolkingsgroepe.

Nietemin, hoewel steeds relatief klein, groei tuisskoling met rasse skrede, terwyl andersyds 'n groot behoefte bestaan aan topgehalte en geakkrediteerde Afrikaanse leerplanne vir die tuisskoolbedryf. Dit is teen hierdie agtergrond dat hierdie fokus in Ditsem Nuus gedoen word, met aandag aan aspekte soos die voor- en nadele van tuisskoling, die vereistes vir gehalte tuisonderrig, watter hulpmiddels en rugsteun beskikbaar is om professionele tuisskoling te skep, wie onderskeidelik diensverskaffers en rolspelers in die bedryf is, wat die nuutste tendense is, ens.

In geheel met die fokus het Ditsem Nuus bevind dat veral wat Afrikaans betref, 'n professionele en lewenskragtige tuisskoolbedryf besig is om tot ontluiking te kom.

Die tragiese verval van SA onder die patetiese ANC-bewind word grafies weerspieël in die gevallestudie van Newcastle Munisipaliteit, soos soos volg verwoord in ‘n mediaverklaring van die VF Plus:

“Die ANC het Newcastle in 2009 oorgeneem met geen korttermyn-skuld nie en met kontantreserwes van R270 miljoen. Teen Junie 2013 was die kontantreserwes uitgewis en die geld is hoofsaaklik gebruik vir bedryfsuitgawes.

“Tussen 2012 en 2015 het die munisipaliteit R544 miljoen by ABSA en die Ontwikkelingsbank van Suid-Afrika (OBSA) geleen ten spyte van teenkanting van die opposisie en waarskuwings dat die munisipaliteit die lening nie sou kon terugbetaal nie. Teen Junie vanjaar (2019) het onbefondsde bedryfslaste R876 miljoen beloop, skuld aan Eskom R195 miljoen en aan Uthukela-Water R95 miljoen.

“Die oorbesteding van die begroting oor die afgelope vyf jaar het gelei tot 'n kontanttekort van R849 miljoen vir 2018/19 vanaf ʼn tekort van R422 miljoen in 2015/16. Oor die afgelope twee jaar het vrugtelose en verkwiste uitgawes tot so ʼn mate buite beheer gestyg dat net die rente op die agterstallige rekening van die inkomstediens (SARS) vir 2018/19, R25 miljoen beloop het.

“Die bate/laste-verhouding vir die huidige jaar het vir die eerste keer onder ʼn faktor een gedaal wat beteken die munisipaliteit is tegnies bankrot. Die VF Plus  is veral besorg oor die kontantposisie van die munisipaliteit aangesien dit jaar na jaar verswak. Op 31 Desember 2018 het sy totale skuld reeds R1,295 miljard beloop. Skuld aan Eskom was in Februarie 2018 R71.332 miljoen en het teen 31 Januarie vanjaar toegeneem tot R192.048 miljoen. Die munisipaliteit moet nou ingevolge ʼn hofbevel R30 miljoen per maand aan Eskom terugbetaal om sy skuld te delg.”

In ʼn opsienbare artikel in Volksblad van 29 Oktober 2019 maak ʼn regsjoernalis en nie-praktiserende advokaat, Gustaf Pienaar, ʼn saak uit dat die uitspraak van die Grondwethof op 10 Oktober 2019, waarin die reg van Afrikaans op universiteitsvlak ontsê is, nietigverklaarbaar is. Hy grond sy betoog daarop dat die kanselier van die Universiteit van Stellenbosch, oud-regter Edwin Cameron, een van die 10 regters van die Grondwethof was wat op 10 Oktober die eenparige uitspraak teen Afrikaans gelewer het in die saak van Gelyke Kanse vs. Universiteit Stellenbosch (US).

Dit beteken dat die regbank wat die uitspraak gelewer het, na bewering gekontamineerd was, met ʼn ampsdraer van die een party wat ook deel van die regbank was. Voorts lyk dit asof die rektor van die US prof. Wim de Villiers persoonlik by die aanstelling van Cameron as kanselier betrokke was en wat ook skynbaar ʼn refleksie werp op die integriteit van de Villiers.

Dit gaan dus nie oor die meriete van die hofsaak nie, maar oor relevante regstegniese aspekte – soveel so dat Pienaar argumenteer dat Cameron op etiese regsgronde uit sy amp as US-kanselier behoort te bedank en so ook de Villiers as rektor, terwyl terselfdertyd die hoofregter Mogoeng Mogoeng die betrokke uitspraak tersyde behoort te stel. Dit het die verdere implikasie dat ander universiteite hulle nie gebonde hoef te voel aan hierdie uitspraak oor Afrikaans op universiteitsvlak nie

Tommie de Nysschen (55) van Orania, bekende deelnemer aan kragoptelkompetisies en in besonder die “bench-press”-afdeling oftewel in Afrikaans bankiedruk, het pas by die Afrika-bankiedrukkampioenskappe gehou 2 – 5 Oktober by die Elgro Hotel in Potchefstroom, die goue medalje met ‘n gewig van 130 kg, in sy kategorie 50 – 60 jaar en onder liggaamsmassa 83 kg liggaamsmassa, gewen. Hy oefen tans hard om te kwalifiseer vir die Wêreldkampioenskappe in kragoptel en wat insluit hurk, bankiedruk en dooiegewigoptel wat April volgende jaar in Suid-Afrika gehou word.

De Nysschen, wat sê dat die sport vir hom ʼn passie is en dat hy dit doen om fiks en in vorm te bly, moes eers by die Vrystaatse provinsiale kampioenskappe kwalifiseer en daarna by die SA kampioenskappe voordat hy aan die Afrikakampioenskappe kon deelneem.

Die item waarin hy spesialiseer is bankiedruk en hy sê hy oefen gereeld in sy tuisgimnasium by die huis.

Op die foto, De Nysschen op die podium by die Afrikakampioenskappe

Bladsy 1 van 98
Go to top