►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

CrossKine vir opbouende flieks

CrossKine is ‘n innoverende inisiatief om buite hoofstroomteaters Christelike rolprente op ‘n deurlopende, nasionale basis te vertoon. Die konsep is dieselfde as dié van hoofstroomteaters, net op ‘n kleiner skaal. Aansoeke behels geen lisensiegeld, kontrakte of aansluitingsbedrag nie, terwyl kaartjieverkope aanlyn geskied op ‘n sentrale platform by www.crosskine.co.za, waar ook gesien kan word in watter kerke, op watter datum en hoe laat die flieks gewys word. Vanjaar word agt plaaslike en vier internasionale flieks met ‘n geestelike strekking van verskillende produksiehuise vertoon. Altesaam 30% van die inkomste word geskenk aan die kerk wat die rolprent vertoon. Ook skole, ouetehuise of enige ander instansie kan dit as ‘n geleentheid vir geldinsameling gebruik en as CrossKine-sentrum aansoek doen.
Gradeer die artikel
(0 stemme)

1 comment

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Meer in die kategorie:

Go to top