► Op AfriForum Netwerk, aanlyn databasis van ondernemings wat in Afrikaans sake doen, al sowat 2 000 sake-ondernemings geregistreer ► Groep van ondersoekende joernaliste bekend as amaBhungane toon in verslag dat EFF-lede na bewering voordeel getrek het uit brandstoftender van bykans R500 miljoen van Tshwane in Januarie 2019 ► Arvitha Doodnath, jong regsdosent, by Vaal Universiteit van Tegnologie, Saterdagaand in Johannesburg doodgeskiet tydens motorkaping ► Einde Junie 2019 10,2 miljoen verbruikers in SA het skuldprobleme en verswakte kredietgeskiedenis, swakste sedert Junie 2015 ► Eben Etzebeth dien deur sy prokureurs teenaanklag in by MRK en vra dat hul saak by Gelykheidshof in hersiening geneem word ► Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) waarsku in jaarverslag dat 4de-nywerheidsrewolusie (4NR) en tegnologiese outomatisasie in SA kan lei tot derduisende werksverliese regdeur hele ekonomie ► Pres. Xi Jinping waarsku, met verwysings na aanhoudende betogings in Hong Kong, dat “enige pogings om China te verdeel sal lei tot gebreekte liggame en beendere tot poeier gemaal” ► Siriese weermag span kordon soldate en wapentuig oor hele linie tussen Turkse invalsmag en Koerdiese gebied; pres. Trump dreig Turkye met sanksies wat hul “ekonomie kan breek” ► Spaanse hof lê tronkstraf op vir 9 leiers van afskeidingsbeweging in Katalonië, vra vir uitlewering van hoofleier Carles Puigdemont wat in 2017 na België gevlug het ►

Treurgrond

Hierdie is ‘n rolprent wat die diepsnydende aspek van plaasmoorde in die Suid-Afrikaanse samelewing suksesvol uitbeeld, veral die trauma wat dit vir die blanke boerderygemeenskap en in besonder die Afrikaner-element, meebring. Volgens die rolprent was daar sedert 1990 in die land 1741 mense op plaase vermoor en die rolprent toon grafies die verreikende en eintlik nimmereindigende implikasies van elke plaasmoord. Die draaiboek is geskryf deur die 23-jarige Tarryn-Tanille Prinsloo, terwyl die bekroonde regisseur Darrell Roodt die regie behartig het. Die storie gaan basies oor die karakter Lukas van Staden wat te midde van die bedreiging van plaasaanvalle, landbou-uitdagings en grondeise probeer voortboer. Daarby is ‘n aantal boeiende sub-intriges ingebind. Wie hoegenaamd nie in die fliek te sien is nie, is die plaasmoordenaars. ‘n Mens sien slegs hulle skrikwekkende handewerk in ontstellende grafiese besonderhede, maar geen karakter waag ’n teorie oor die rede vir hul wreedheid of identiteit nie. In die rolverdeling is o.m. Steve Hofmeyr, Erica Wessels, Boikie Pholo, Richard van der Westhuizen, Vicky Kente, Jana Strydom, Deon Coetzee, André Frauenstein, Barbara Marie Immelman, Marze van den Heever en Jacques Gombalt.
Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top