Print this page

AfriForum: Afrikaanse film

 

 

Tydens die #FliekOpDieVeld-projek van AfriForum word die Afrikaanse film Modder en Bloed op grootskerm vertoon aan gemeenskappe op 36 dorpe in 7 provinsies in die land. Die vertonings word op ’n buitelug-skerm op skoolrugbyvelde gehou en het ten doel om die Afrikaanse taal, kultuur en filmbedryf te bevorder en terselfdertyd vir gemeenskappe die geleentheid te bied om fondse vir hul skool in te samel. Volgens die projekkoördineerderBeatrice Pretorius wil hulle hê “dat fliekgangers, veral jongmense, by die vertoning moet uitstap met ’n gevoel van trots en kennis oor hul verlede.” Kaartjies kan by die ingang by www.itickets.co.zagekoop word. Vir meer inligting besoek www.modderenbloedmovie.com/fliekopdieveld/ of kontak Beatrice Pretorius by 072 878 2074 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Gradeer die artikel
(0 stemme)